Saturday, July 12

Tyd raak min

Die kinders se tydjie van kuier raak min en die lysie van wat nog om te doen, wat nog om te sien en wat nog om te koop raak langer as die beskikbare dae. Dit beteken dat 'n baie besige week voorle en dat ons nie by alles gaan uitkom nie. Maar daar moet altyd geskenkies terug geneem word en die kinders vaar in die winkels in. Leane snuffel tussen die tradisionele geskenke deur vir iets. William het ook geskenke wat gekoop moet word en ek is seker hulle onderhandel hier oor pryse. By die huis gekom wag sussie in met iets wat sy wil uitprobeer en Leane en James moet die proefkonyne wees. Dit lyk nie asof hulle omgee nie want die rondloop het die hitte hulle lekker beetgekry. 'n Sjokolade gesigmasker ... ek dink James het gehoop hy kan dit eet maar hy kry opdrag om nie sy gesig te roer nie. Selfs die hare word a-la-beckham-styl weggesteek.Leane het nog tyd om te glimlag. Ek wonder of die sjokolade gehelp het?

3 comments:

jackieo said...

Ai dit lyk na 'n lekker bederf! Nelmari as jy ooit 'n proefkonyn nodig het - ek sal "volunteer" Lyk vir my jy weet presies wat jy doen. Leantjie kan nie wag om als te sien wat jy gaan saambring nie - min slapies skat!!!

Anonymous said...

Mens kan spyt wees as jy vir Nelmari volumteer. Sy meng somtyds haar eie brousels.

Muriel said...

He he dis lekker bederf met my favourite bestandeel!!