As mens so deur die blogs lees, dan gaan dit maar rof orals. So 'n einde van die jaar fisiese en emosionele moegheid wat in Julie kop uitsteek.
Dit gaan maar woes want vanoggend werk niks in my huis nie en my motor wat ek ingeneem het vir 'n probleem is ook "weg". Nie in die stelsels nie vertel hulle my in 'n onverstaanbare engels. Dan praat ek nie eers van die voordeur wat nie wil oopsluit nie --- ek en Nelmari is omtrent gehok. Oppad om te gaan hulp soek, hoor ek oor die radio van 'n lekker vakansie special.
Die Emirates Palace waarvan ek so 'n dag of twee terug vertel het adverteer wat hulle se is die "ultimate holiday!" 'n Sewe aand bly in die hotel vir $1000000 !! En dan moet julle weet koop julle nie die hotel nie, jy bly in 'n 680 vkm 3 slaapkamer suite vir 7 aande. As julle nog nie oortuig is dat dit 'n winskopie is nie, neem kennis dat die suite afgerond is met goud en marbel met kristal kandeliere, 'n sitkamer met 'n 61 plasma tv, skootrekenaars en 'n lyfbediende 24 uur per dag ...
Nog nie oortuig nie? Dit sluit ook alle etes en drinkgoed in enige van die 13 restaurante in.EN vir julle wat voel mens moet darem 'n bietjie ekstra ook vir die prys kry sluit dit die volgende daguitstappies in:



Geinteresseerd?!? As totsiens kry jy handgemaakte wapens van 'n baie bekende maatskappy wat ook die "customs" by die lughawe sal uitsorteer. Laat weet as ek vir julle kan plek bespreek.
7 comments:
Ek is sommer nou lus vir vakansie! dit lyk na 'n lekker avontuur, maar ek dink vir daardie tiepe geld is dit te min dae.
groete
Hopeloos te min dae ek stem Mariette en vir 'n 100ste van daai geld kan mens langer en lekkerder vakansie.
Ek is seker ons is in die verkeerde beroep!!! Vreeslik baie geld die!
Ek het vanaand orals op jou blog rond geloer. Lekker gekuier.
Geniet die week wat voorlĂȘ julle!
Muriel ek's nie so seker of ek so baie geld wil he nie. Hoe's die gesegte - ek het nie geldelike probleme nie want ek het nie geld nie. Daai ouens het worries ek's seker.
'n $1000000? Is dit al???? Bespreek solank vir my 'n plekkie en ek wire die geld via my Switserse rekening vir jou!
Whahahaha!
I WISH!!!
Dis hopeloos te veel geld,maar die vakansie lyk baie lekker! Ek dink ek kan nog lekkerder en langer vakansie hou met al daai geld. Mind you, ek dink ek sal gou weer werk met daai geld nie!
Kaalvoetinireen betaal daai geld in my switserse rekening en dan reel ek vir jou enige vakansie wat jy wil he :-)
Dis reg Sandra! Stuur net jou rekeningbesonderhede vir my na: I_WISH@armgat.com
Whahahaha!
Post a Comment