Saturday, July 19

Die huis is stil

So kom alle goeie dinge ook op 'n einde ... en James, William en Leane is vandag terug na Bloemfontein en die studentelewe. Dit was lekker om die kinders weer 'n bietjie by die huis te he en vir die volgende paar dae het hulle ook vir Eddie daar om oa te help om die koskasse bietjie op te stok. Na die vakansie soos julle op die slides sal sien, sal hulle dalkies honger wees.



Hulle het darem nie heeltyd net geeet nie al het dit vir my so gevoel. Daar is ook ernstig gekoop vir hulle self en die res van die land. En as hulle vertel dis nie so erg nie .... ek het die bewyse.

James ernstig besig om sy tas te probeer toekry nadat alles ingepak is. En dan praat ons nie eers van alles wat nog in Eddie se tas gepak is omdat hulle nie plek het nie.

Sal maar deur die huis loop en kyk wat nog hier rondle van hulle, soos jy maat, maar ek weet daar sal nie rekkies wees nie, en dan neem ek dit September met my kuiertjie.

Sterkte vir die laaste deel van die jaar seuns en Leane!!

10 comments:

Anonymous said...

Ja maat dis ons lot... om totsiens te se en dan oral bewyse te sien van die kinders se kuier en lang trane van verlang te huil. En Riza kan so moedwillig rekkies vir my los op plekke. Maar dit gaan goed met ons kinders en om so te kuier is 'n groot voorreg. Sterkte vir die stil huis.

Anonymous said...

Hi Sandra en sommer Charmaine ook
Hulle laat allerhande pakkies vir ons om te kry. So asof hulle wil he ons moet dit kry. Dis ons voorreg om vir ons kinders die voorreg te gee om die wereld so te sien, al het ons dan ook in ander lande gaan bly om dit reg te kry. Dit is stil en leeeeeg.....
Annie

Anonymous said...

Charmaine en Annie

Klink vir my 'n lekker cappuchino en sjokolade koek is nodig ...

Anonymous said...

ons hou van die slide show.
dit is nou vir jou sweet memories,van 'n lekker kuier vol opwinding.
lekker dag sien binne kort.

Anonymous said...

Dankie Mariette!!

Anonymous said...

mmmmm yup die koffie en als klink baie goed. Net die gedagte daaraan moet ek nou voor oppas. Ek ga nou slaap
Annie

Anonymous said...

Sandra dalk moet jy jouself inboek vir die "special"
AN

Anonymous said...

Annie as ek soveel geld het om te mors, dan is dit beslis nie wat ek wil doen nie.

Hoop die nuwe dag is propvol mooi en goeie dinge vir jou!

Muriel said...

Ek voel ook sommer hartseer!

Maar hulle kuier was heerlik en ons het dit saam met hulle geniet.

Anonymous said...

Muriel, ek dink die seuns is dankbaar om weg te wees van die mammaratzi vir die oomblik