Wednesday, July 9

Die res van die dag

Na die lekker kuier iin Mercato is ons tyd amper uit want ek moet nog by die Dolfyne uitkom en ek ken juis net twee paaie, die een wat ons moes geneem het en die een wat ons met 'n ompad daar bring. So ek wil bietjie vroeer gaan om seker te wees ons is betyds. Maar ons gaan maak 'n vinnige draai by die Madinat Jumeirah mall (een van my gunstelinge) om vir Leane te wys. Sy kry dan ook kans om net so vinnig ietsie te koop. Dit doen my ou hart altyd goed as ek mense met 'n pakkie kan laat huistoe gaan. Maar eers moet ons 'n foto by die wereldberoemde hotel neem. Hier is James, Leane, William, Nelmari en Monique. Bietjie vroeg by die ocenarium en die kinder is soos kleintjies in die winkel terwyl hulle die tyd omkry. Leane wil die pikkewyn he. Met Charmaine se familie wat amper nou almal in Dubai bly sit ons 'n hele ry vol. Ek het darem al twee familielede hier. Ons loop ook bekendes raak. Hier is Siegfried en klein Christiaan by die seeleeu. Mariette en Jaco was ook daar alhoewel die ou bietjie siek geword het. Is hy al beter? Ons het lanklaas geeet :-) dus moet ons 'n SA restaurant besoek. James eet 'n kebab en raai wat? Charmaine verduidelik en Elriza praat met iemand in 'n ander land net hier om die draai. Ek dink Leane verlang huistoe Sue, sy gaan vir pap, sous en wors. Kan julle glo dat mens dit hier kan kry by 'n restaurant?! Twaalf uur later klok ons weer by die huis in, lekker moeg.

9 comments:

Anonymous said...

Mhhhhhhhhhhhhhh lekker verby, en om van die rondloop nie eers te praat nie!

Smaak my mos Leane' het half-klaar besluit die woestyn is nie so 'n "agterlike" plek nie en lyk ook vir my die volgende Familie Reunie is dalkies sommer nog in Dubai.

Anonymous said...

Ek wil ook daar kom bly... die mense shop dan net heel dag!! ;-)

Hehehe... Mariette het darem laas week vir my gesĂȘ sy't 'n oop kamer vir my (vir 'n kuier)!!

Muriel said...

Pap en wors???? Kan jy nou meer!!!
Ek hou van daardie Henna hande, girls he he

Ag dit lyk lekker!! Ek wil ook daar wees...

Beam me up Scotty!!! Reguit Abu Dhabi toe met die spoed van witlig!!

Dis soooo! lekker om saam met julle na al die mooi goed te kyk....

Dankie Sandra

Anonymous said...

Thea moenie alles glo wat jy sien nie :-p, dis nie net shop - maar as die kuiermense kom dan is dit nogal hoog p die lys.

Jy het nou die kamer so as jy die inkopielys het dan kan jy mos kom?

Anonymous said...

Muriel mens kan mooi die sterretjies in die oop woestynruimte sien so jy sal vir Scotty 'n lift moet vra

Anonymous said...

Dit was lekker om julle raak te loop.Was 'n baie lekker show. Christiaan praat nou nog daaroor,weet nie hoekom moet kindertjies altyd bang wees vir die 'mascots' of wat ookal mens hulle noem nie. Na die tyd wou hy net weer die seeleeu sien en vertel nounog van die groot seeleeu.

Jay is beter dankie,-ons sal maar weer gaan kyk sodat hy die keer die 'show' kan sien. -shame!

Thea- jy is enige tyd welkom,-raad...die winter gaan beter wees as ons somer, want dis veel warmer as ons sauna dae.Wha-ha-ha!

lekker dag vir jul almal

Anonymous said...

Mariette klink na 'n goeie rede om weer te gaan :-)

Soos sy se Thea wintertyd en 'n goeie tyd is gewoonlik rondom Desember/Januarie

jackieo said...

Leane het so lank uitgsien na die dolfyne - dankie sandra!! en glo my dit sal my baie pas as die reunie in Dubai kan wees.
Die kos daar lyk heerlik en ek dink my maag gaan nie weet wat hom getref het nie - ek dink ek moet maar al my klere wat te groot is wel saamvat!! hehe

Anonymous said...

Ek glo die kinders het die dolfyne geniet, sal probeer om een van hulle die dolfyne op te kry - moet dit nog scan.