Tuesday, July 22

Die verlore stad in Dubai

Die ondergrondse brug is nie die enigste manier om toegang tot die hotel te kry nie. Een van die mono-treine is spore loop ook oor die palm eiland en die see om by die hotel uit te kom. Op die foto kan julle mooi 'n paar van die "takke" van die eilandpalm sien. Wanneer mens eers binne is, is daar eindelose dinge wat jou mond kan laat oophang. Die gang na die ontvangsportaal toe. Die werkers nog erg besig met die afronding. Die kinders verkyk hulle aan die portaal waar daar as ek reg gehoor het, 500 mense op 'n slag in- en uitgeboek kan word. Waar sal al die mense tergelyke tyd vandaan kom wonder ek. Ek dink hulle probeer net se dat mens nie sal wag soos by party hotelle nie. Die portaalvensters wat uitkyk op van die waterparke en tuine. Dis groot ne. Dan net om te wys dat hulle nie verskriklik oorboord gegaan het nie .... die trappe van die ontvangs na die volgende vloer. Eintlik wil ek julle vandag net die vistenks wys. 'n Verteenwoordiger van die hotel se dat in groot tenke sal daar ongeveer 250 see-spesies gehuisves word wat visse eie aan die "Gulf" insluit. Baie van hierdie visse is nog nie in tenke buite die Middel Ooste gesien nie. Hulle praat van 42 miljoen liters soutwater in die tenke ...dit is huge mense. Die kinders lyk eintlik klein. In die middel van die hotel sal die "Lost Chambers" wees. Hulle se dis 'n "maze" van onderwater tonnels wat wys die land Atlantis het wel bestaan. Daar is altesaam 18 onderwater uitstallings. O en ek moet noem dat daar spesiale kombuise gebou is om al hierdie visse daagliks te voer. Hulle praat van 120 kg kos per dag!Hier loer William na een van hulle en hier kom een van die tenkinwoners hom groet. Ek wonder of die seuns hier die verlore stad bespreek? 'n Span van 165 werkers/duikers sal elke dag gebruik word om hierdie tenke skoon te maak en skoon te hou.Dis nie net die kinders wat na die visse kyk nie, hierdie ou was baie nuuskierig om vir Leane en Nelmari te kom loer. En hier hou die water van die hotel nie op nie want daar is nog 'n 4.5 h lagoon die "Dolphin Bay" en die slides maar nou het ek eers genoeg foto's afgelaai.

5 comments:

Anonymous said...

Ek sal maar solank aan my DH220 moet begin spaar. Dis massief!!!
Annie

Anonymous said...

kyk dit is asemrowend.Mens sal beslis tenminste een keer daar moet uitkom! Maar kyk hierdie mense speel nie klein nie. Die foto met Nelmari hier onder lyk asof daardie vis enige tyd net daar kan uitklim en haar aan haar been beet kry...dit is stunning!!

Anonymous said...

Annie as jy weer kom, maak ons def 'n plan.

Mariette ja mens moet dit ten minste een keer sien en ek's seker Christiaan gaan mal wees oor die visse

Muriel said...

Dit is ongelooflik. Hierdie mense gaan groot.
Dankie Sandra ek het dit baie geniet!

Anonymous said...

Muriel hoop jy voel bietjie beter?