Thursday, July 10

Ons gaan Japanees

Met die oopmaak van die eerste Japanese restaurant Benihana in Amerika gedurende 1964, het mense vir die eerste keer bekend geraak met die Japanese manier van kosmaak by jou tafel. Baie baie jare later in Abu Dhabi maak ons/ek kennis daarmee en ek's dol daaroor. Omdat die hele proses van kosmaak voor jou met allerhande toertjies en goeters is, is dit ook 'n moet vir kuiermense. (So dit tel as 'n toeriste attraksie en nie eet nie). Vir Elriza is dit ook 'n moet voor sy terugvlieg.Ek weet nie presies wat Leane hier vir die kok probeer se nie. Die kosse word in die tradisionele hibachi styl voorberei.. Dit staan ook bekend as "teppanyaki". Maar soos ek gese het is die voorbereiding en "speel" met die kos 'n groot treat. Hierdie drie "kinders" kyk aandagtig hoe ons kok die kos voorberei. Tussen die etery vermaak die kok ook almal. Hier moet die kinders die kos vang wat hy opskiet in die lug. Leane het dit baie mooi reggekry ---lyk asof James wil help. Dan is dit James se beurt en hy kry dit ook reg. Elriza was die ander een maar ek is seker haar ma sal die foto vir julle wys. Die ander twee sit in die rookwolke en lyk asof hulle baie stout is. Ek wil nie teveel oor die kos uitwei nie, behalwe om te se dat die seekosse, hoender en steak heerlik was! James kry 'n paar lesse sodat hy dit vir ons ook kan maak. Hy het 'n probleem met die toertjies want anders as die kok, staan hy binne die "lugversorging".

4 comments:

Muriel said...

Dit lyk prettig! Wanneer sien ons die video he he

Anonymous said...

Ek werk om toestemming van die "kunstenaar" op die video te kry anders mag ek dalk terugbetaal word. Mens moet versigtig wees almal is nie noodwendig jou maatjies nie.

Anonymous said...

Dit lyk na groot sports!!

Muriel said...

He he Sandra werk daai kunstenaar!!