Monday, July 21

Ekskulsief .... kom loer bietjie

Met die kinders se kuiertjie het hulle die voorreg gehad om een van die nuutste toeriste attraksies te gaan besoek nog voordat dit vir die publiek oopgemaak word! Daar is so baie wat ek van hierdie indrukwekkende plek wil vertel, oa. die hotel, die kamers en natuurlik die seepark, julle sal maar verlief moet neem met 'n paar inskrywings

Die Atlantis, The Palm is gelee op die Jumeirah Palm eiland en die opening word beplan vir 24 September. Dis ontwikkel deur Kerzner Internasionaal en sal omtrent $1.5 biljoen kos, wat 'n Aqua waterpark en Dolfyne baai insluit. 'n Bietjie nuttelose inligting: Hierdie hotel sal 1539 kamers he met 'n algemene prys van $454 per aand. Die verbindingsbrug tussen die twee vleuels is 'n 924 vk m "Bridge Suite" wat 'n allerminte bedrag van $25 000 per aand sal kos. Besprekings vir hierdie hotel word alreeds vanaf Februarie vanjaar geneem. Vir die ouens wat hou van statistieke, daar is 58,000 km staal pype gebruik in die konstruksie van die hotel wat 9 x die lengte van die Great Wall of China is. Hierdie hotel sal ook 17 restaurante he en 23 boutieks vir inkopies. Dan is daar nog die Ambassador lagoon, een van die grootste tenke ter wereld. Die lagoon sal op die einde 65,000 visse in 11 miljoen liters water he. Hierdie is van die villas wat op die Palm eiland gebou is oppad na die hotel. In 370 vC het Plato van die legendariese storie van Atlantis, die verlore stad geskryf. Hy skryf dat die kontinent meer as 10 000 jaar bestaan het en dat vloede en aardbewings dit vernietig het voordat sy bestaan bevestig kon word. Antieke skrywers beweer dat Atlantis onder die see verdwyn het net om nooit weer gesien te word nie. Hierdie "kontenant" is dat hier op die Palm Eiland "herskep". Om by die hotel te kom ry mens ook in 'n tonnel wat onder die see gebou is. Hier is so 'n paar foto's van die bouery wat nog aan die gang is van oa portale, restaurante, gange en deure. Vir my is die mooiste deel daardie slides in die haaitenke, die dolfyn en ander water attraksies ... kom kyk more daarna.

15 comments:

Anonymous said...

Wow, wow, wow!!! Sien uit om nog meer oor hierdie indrukwekkende ontwikkeling te lees! Dankie Sandra!

Anonymous said...

hi tannie
kan ook nie wag nie!

Anonymous said...

Thea ja dit is indrukwekkend - en dit op 'n mensgemaakte eiland.

Jaco!! Lekker om van jou te hoor! Jy moet lekker verjaar vandag!

Anonymous said...

Aarde wat sal Sol nog uitdink om te bou. Sal mens kan ingaan as hy eers amptelik oop is of sal mens daar moet slaap om die binnekant te sien
Annie

Anonymous said...

Hallo Annie ja die ouens dink groot. Hulle se as dit eers oop is sal mens 'n dagpas van ongeveer Dh220 (so R500) kan koop om in te gaan vir die dag. Weet net dat dit vir my teveel vir 'n gesinsuitstappie sal wees.

Anonymous said...

Sjoe ja mens kan baie pakkies in jou hande ronddra vir dai geld. Ons sal maar tevrede moet wees met jou fotos.
AN

Anonymous said...

Ja,nee kyk hierdie mense doen dinge groot. Mens se mond val behoorlik oop vir die ongelooflikhied van die sturktuur en al die ander besienswaardighede.
Ongelooflik.
Sien uit na die volgende inskrywings.

Anonymous said...

Annie wat bedoel jy tevrede wees met die foto's? Ons kan sonder kinders ingaan want daar winkels binne :-)

Marietta ja partykeer dink ek hulle dink te groot en word te vinnig nog meer ryk. Daarom dat alles nou so duur word hier.

Anonymous said...

Dit is Jaco van mariette'hulle. ma ek sien julle het 'n jaco verjaarsdag vandag.

Anonymous said...

Jaco skuus man ek's bietjie oud - maar niks verhoed jou om ook vandag te verjaar nie!

Lekker dag

Anonymous said...

Very nice indeed!

Anonymous said...

Hi Tannie, nog iets om te sien, hulle raak nou spils een van die dae sal mens regtig nie meer als in een maand se vakansie kan doen daar in die UAE nie ;-) groete en liefde. Elriza

Anonymous said...

Kaalvoetinireen 'n vakansie hier sal heelwat minder as daai miljoen kos.

Elriza, en sal jou ma nie daarvan hou as jy langer as 'n maand kuier nie !? Hoop jy voel al beter.

Muriel said...

Hi Sandra

Dit is fantasties.
Alles word net al mooier!

Anonymous said...

Muriel dit sal beslis een van die attraksies word