Monday, July 14

Bietjie geskiedenis

Die beplanning vir die dag was eintlik "kameel-ry", maar dit lyk asof die kameel nie heeltemal local is nie want daar word nie Sondae gery nie. 'n Besoek aan die Woman Union vereeniging is toe die volgende stop. Hier stap ons deur die uitstallings van die land se geskiedenis.'n Hele trop kameelleer kamele wag ons in by die eerste uitstalling. Nie baie lank terug het die land sy bestaan uit perelduik gemaak voordat olie ontdek is. Daarna besoek Leane 'n tradisionele gesin vir 'n koppie koffie. Sy en James sit aan in die tradisionele tent wat in die woestyn gebruik is. Hulle het vandag nog sulke tente veral in Ramadan. Hier is die matte wat hulle weef en die goed wat soos hoede lyk word oor die kos gesit dat die vliee dit nie kan bykom nie. 'n Woestynvlieg is 'n ongeskikte ding. 'n Tradisionele kamer vroeer jare en die twee vrouens op die voorgrond is besig om mekaar se hande en voete te henna. Alles is vreeslik kleurvol. Leane kry die kans om een van hulle "trou-rokke" aan te pas. Sheikh James bin Henry Al-Holloway en Sheikha Leane glimlag vir die foto. (Ons het James nie vollyf afgeneem nie want daai witrok het amper net by sy kniee gekom). Dan loer ons bietjie na tipiese Arabiese kunswerke.Die "prent" van die Sheikh is heeltemal van stringe kralletjies gemaak. Dit moes vir ewig gevat het.



Nog is ons nie klaar met kultuur vandag nie en besoek die Cultural Foundation. Hier word gereeld uitstallings van kunstenaars gehou en vandag is dit 'n fotografie uitstalling wat William so beloer. Weer word daar aangesit vir koffie. Hier kan julle mooi sien hoe die "grashoede" bo op die kos gesit word. Nelmari gaan groet die groot kameel en hier staan die twee by van hulle musiekinstrumente. (Ek versamel nie kamele nie, maar wel interessante musiekinstrumente). Hierdie uitstalling is ook by die Culture Foundation. Kan julle die odd-one-out spot?

8 comments:

Anonymous said...

Maggies dit is nou 'n interessante inskrywing. Was asof ek self ook daar was!

Oe Sandra, ek vrek oor daai mooi matte! Is dit baie duur daar? Die skildery van die vrou in die woestyn is ook baie mooi - ek kan nie sien wat sy doen nie, maar dis 'n pragtige skildery!!

Oulike foto van die kinders (die laaste foto)!

Anonymous said...

Thea ek dink die matte is heelwat goedkoper as wat ons by die huis sal betaal. Hulle vou lekker klein op in mens se tas :-), jy moet net 'n lee tas bring!

Die meisie in die woestyn sit net op die duin en mooi lyk. Van hierdie Arabiese meisies is pragtig. Dis 'n mooi skildery ek stem.

jackieo said...

Ai baie mooi fotos maar siestog skat jammer jy het jou ma se lengte ge-erf!! Luleka stuur groete - sy kyk elke dag saam met my die blog.

Muriel said...

Ek vrek oor hierdie inskrywing!!! Ek wens ek kan alles net so in my huis kom neersit!! Ek mag maar droom! Ek hou van die Arabiese kunswerke!! Daardie kameel prent wat ek op my blog het, het ek ingevoer van Arabiƫ af dis uit hout gesny!! So presies en dis fyn werk!! Daardie kamele is to die for!

Anonymous said...

Muriel jy sal maar 'n "order" moet insit vir wanneer iemand SA toe kom.

Ek soek nog iemand om daai kameel te bring.

Anonymous said...

Sue lyk nie asof die lengte 'n probleem is nie, jy moes haar vandag op die kameel gesien het!

Anonymous said...

Ek ken mos daai mannetjies!!!!
Annie

Anonymous said...

Jip jy ken hulle en jy het baie mooi "ingeblend" met die foto :-)