Showing posts with label kinders kuier Jun 08. Show all posts
Showing posts with label kinders kuier Jun 08. Show all posts

Thursday, July 31

Abu Dhabi droom groot

Daar word algemeen gese dat Dubai eintlik net een groot construction site is met al die bouwerk wat daar plaasvind. Hier in Abu Dhabi is daar sedert Sheikh Zayed se dood ook groot uitbreidings aan die gang, maar ons voel en sien dit nie altyd voordat dit klaar is. Een so 'n projek het ek tydens die kinders se besoek aan die Emirates Paleis van nader gaan bekyk en was vreeslik beindruk. Vir die wat nie weet nie, Abu Dhabi is eintlik 'n eiland wat slegs met twee brue bereik kan word. Orals rondom Abu Dhabi is daar kleiner eilande wat nog altyd lekker braai- en kuierplekkies was. Een van Charmaine se vriendinne het 'n paar jaar terug hier kom kuier en Eddie het ons met die boot uitgeneem na een van die eilande toe waar ons ontbyt geeet het. Hier kan julle sien hoe "vlak" die "diep" see rondom die eilande is, die boot moet ver vasgemeer word. En dan is die water so skoon, blou en warm dat mens net daar wil swem al is jou swemklere by die huis. Nog 'n eiland op die agtergrond.



Maar nou, net 'n paar jaar later het die stadsvaders geld geruik en een van die eilande Saadiyat (island of happiness) word ontwikkel. Die hele projek behoort teen 2018 klaar te wees (ek dink nie ek sal dan meer in die dorp wees nie). Die eiland sal in verskillende "distrikte" gedeel en in spesifieke temas ontwikkel word. As dit klaar is sal daar 7 distrikte wees wat oa ook behuising vir 150 000 en 'n Gary Player golfbaan insluit. Die eiland sal met twee groot brue aan Abu Dhabi verbind word. Die punt van die eiland op die foto uit hulle tydskrif sien mens die distrik wat my beindruk het, die kultuurdistrik. Dit sal oa uit 'n Guggenheim Abu Dhabi contemporary art museum, 'n Louvre Abu Dhabi universal museum, 'n performing arts centre, 'n maritime museum, die Sheikh Zayed National Museum en 'n Biennale Park met 19 paviljoene bestaan!! Leane loer na die voorbeeld van die Guggenheim Abu Dhabi wat die enigste van sy soort in die Middel Ooste sal wees en die wereld se grootste Guggenheim museum. Dit sal 320 000vk voet wees met 13 000 vk voet uitstallings spasie. Permanente en spesiale uitstallings, 'n kuns en tegnologie sentrum, opvoedingsdeel vir kinders, argriewe, biblioteek, navorsingssentrum en kuns labatorium sal deel van die Guggenheim uitmaak. Die ander een wat James so na loer is die Abu Dhabi Louvre. Hierdie projek is na aanleiding van 'n 30 jaar kultuur kontrak tussen Abu Dhabi en Frankryk en sal ook 6000vkm permanente uitstalling en 2000 vkm tydelike uitstallings huisves. Museum nr 3 is die Sheik Zayed Nasionale Museum van 130 000 vkm wat 5 uitstallings gaan huisves. Hierdie man het 'n groot rol in Abu Dhabi en die UAE se geskiedenis gespeel en selfs ons wat nog hier was met sy bewind weet dat hy 'n regte mens mens was wat omgegee het vir die land, sy mense en die besoekers aan sy land. Die uitstallings gaan (1) sy rol in die UAE geskiedenis (2) in die UAE se omgewing (3) die UAE se ontwikkeling (4) Opleiding en (5) Unity through Leadership uitbeeld. Dan is daar ook die Maritieme musuem wat geinspreer gaan is deur Abu Dhabi se natuurlik natuurskoon en die rol wat die see in sy geskiedenis gespeel het. Dis moeilik om te beskryf hoe die projek gaan lyk want dis soos 'n skip met water rondom en paadjies wat onder die water verdwyn waar besoekers na die uitstallings kan kyk. Die laaste gebou in die kultuurdistrik gaan die Uitvoerende Kunste een wees. En laat ek julle maar vertel dit is indrukwekkend. Dit gaan 62 meter hoog wees met vyf teaters, 'n musiek saal, operahuis, drama teater en 'n algemene teater wat 6300 mense kan huisves. Dit is 1100 meer as die London's Royal Albert Hall!!! Deel van hierdie kompleks gaan ook die Akademie van Uitvoerende kunste huisves.




Hierdie kultuurdistrik is die punt van die eiland, kan julle dink wat in die ander 6 distrikte beplan gaan word?!

Thursday, July 24

Swem saam met dolfyne en haaie

My 500 ste inskrywing vandag en die laaste stukkie oor die verlore stad. Hierdie is 'n uitsig vanaf een van die kamers op die swembaddens en hierdie een kyk uit op die waterpark ontwikkeling. Die waterpark is 17 hektaar groot.Soos ek met die vorige inskrywings vertel het gaan hierdie "Atlantis verlore stad" alles oor water, maar eers wil ek julle gou-gou wys hoe lyk die hotelkamers in die binnekant. Die kinders loer na die sitkamer gedeelte van een van die kamers. Nelmari sit by een van die skeidings tussen slaap- en badkamer. 'n Mooi groot bad om lekker in te ontspan. Die park gaan 7 waterglybane het waarvan die Ziggurat die grootste een is. Dis 9 verdiepings (30 meter) hoog en gebou op 'n Mesopotamian tempel.
Daar sal ook 'n 2.3 km witwater river rondom die eiland loop wat aansluit by dosyne onderwater tubes wat na die Atlantis ruines gaan. Die watersisteem gaan 18 miljoen liter varswater gebruik om mense by glybane op en af te skiet.
En dan is daar die "Leap of Faith" glybaan waar mense in 'n varswater glybaan laat afgly binne die soutwater lagoon vol haaie!!!

Die ouens op die glybaan kom gelukkig nie met die haaie in aanraking nie. Wat as daai buis breek?

Daar is ook die Torrent rit wat mense met "rapids" en branders van amper 2 meter stuur. By al hierdie "waterspeletjies gaan daar 3500 werkers van 20 lande wees wat toesig hou en help..

Die plek wat ek die interessantes vind is die "Dolphin Bay". Dis die grootste rehabilitasieplek vir dolfyne in die wereld en hier gaan huidiglik 28 dolfyne in 'n 11 hektar lagoon versorg word. Daar is 3 grotte kompleet met strande en selfs kwarantyn poele waar die dolfyne kan swem ens speel.Hier sal baie seediere versorg word en is dit die UAE se eerste "marina rescue and rehabilitation sentrum" en enigste in die Arabiese Golf.
Die sentrum gaan ook 'n opvoedkundige program he waar universiteite en plaaslike skole kan kom kyk en leer. Kyk net die fasiliteite.Die dolfyne wat hier is, kom almal van die Solomon Island Marine Mammal Education Center. William verkyk hom aan die TV skerms waar mens meer van die dolfyne kan leer. Net om te wys dat selfs die "dolfyne huis" soos die hotel met net die beste toegerus is. Kyk hierdie ligte.

Tuesday, July 22

Die verlore stad in Dubai

Die ondergrondse brug is nie die enigste manier om toegang tot die hotel te kry nie. Een van die mono-treine is spore loop ook oor die palm eiland en die see om by die hotel uit te kom. Op die foto kan julle mooi 'n paar van die "takke" van die eilandpalm sien. Wanneer mens eers binne is, is daar eindelose dinge wat jou mond kan laat oophang. Die gang na die ontvangsportaal toe. Die werkers nog erg besig met die afronding. Die kinders verkyk hulle aan die portaal waar daar as ek reg gehoor het, 500 mense op 'n slag in- en uitgeboek kan word. Waar sal al die mense tergelyke tyd vandaan kom wonder ek. Ek dink hulle probeer net se dat mens nie sal wag soos by party hotelle nie. Die portaalvensters wat uitkyk op van die waterparke en tuine. Dis groot ne. Dan net om te wys dat hulle nie verskriklik oorboord gegaan het nie .... die trappe van die ontvangs na die volgende vloer. Eintlik wil ek julle vandag net die vistenks wys. 'n Verteenwoordiger van die hotel se dat in groot tenke sal daar ongeveer 250 see-spesies gehuisves word wat visse eie aan die "Gulf" insluit. Baie van hierdie visse is nog nie in tenke buite die Middel Ooste gesien nie. Hulle praat van 42 miljoen liters soutwater in die tenke ...dit is huge mense. Die kinders lyk eintlik klein. In die middel van die hotel sal die "Lost Chambers" wees. Hulle se dis 'n "maze" van onderwater tonnels wat wys die land Atlantis het wel bestaan. Daar is altesaam 18 onderwater uitstallings. O en ek moet noem dat daar spesiale kombuise gebou is om al hierdie visse daagliks te voer. Hulle praat van 120 kg kos per dag!Hier loer William na een van hulle en hier kom een van die tenkinwoners hom groet. Ek wonder of die seuns hier die verlore stad bespreek? 'n Span van 165 werkers/duikers sal elke dag gebruik word om hierdie tenke skoon te maak en skoon te hou.Dis nie net die kinders wat na die visse kyk nie, hierdie ou was baie nuuskierig om vir Leane en Nelmari te kom loer. En hier hou die water van die hotel nie op nie want daar is nog 'n 4.5 h lagoon die "Dolphin Bay" en die slides maar nou het ek eers genoeg foto's afgelaai.

Monday, July 21

Ekskulsief .... kom loer bietjie

Met die kinders se kuiertjie het hulle die voorreg gehad om een van die nuutste toeriste attraksies te gaan besoek nog voordat dit vir die publiek oopgemaak word! Daar is so baie wat ek van hierdie indrukwekkende plek wil vertel, oa. die hotel, die kamers en natuurlik die seepark, julle sal maar verlief moet neem met 'n paar inskrywings

Die Atlantis, The Palm is gelee op die Jumeirah Palm eiland en die opening word beplan vir 24 September. Dis ontwikkel deur Kerzner Internasionaal en sal omtrent $1.5 biljoen kos, wat 'n Aqua waterpark en Dolfyne baai insluit. 'n Bietjie nuttelose inligting: Hierdie hotel sal 1539 kamers he met 'n algemene prys van $454 per aand. Die verbindingsbrug tussen die twee vleuels is 'n 924 vk m "Bridge Suite" wat 'n allerminte bedrag van $25 000 per aand sal kos. Besprekings vir hierdie hotel word alreeds vanaf Februarie vanjaar geneem. Vir die ouens wat hou van statistieke, daar is 58,000 km staal pype gebruik in die konstruksie van die hotel wat 9 x die lengte van die Great Wall of China is. Hierdie hotel sal ook 17 restaurante he en 23 boutieks vir inkopies. Dan is daar nog die Ambassador lagoon, een van die grootste tenke ter wereld. Die lagoon sal op die einde 65,000 visse in 11 miljoen liters water he. Hierdie is van die villas wat op die Palm eiland gebou is oppad na die hotel. In 370 vC het Plato van die legendariese storie van Atlantis, die verlore stad geskryf. Hy skryf dat die kontinent meer as 10 000 jaar bestaan het en dat vloede en aardbewings dit vernietig het voordat sy bestaan bevestig kon word. Antieke skrywers beweer dat Atlantis onder die see verdwyn het net om nooit weer gesien te word nie. Hierdie "kontenant" is dat hier op die Palm Eiland "herskep". Om by die hotel te kom ry mens ook in 'n tonnel wat onder die see gebou is. Hier is so 'n paar foto's van die bouery wat nog aan die gang is van oa portale, restaurante, gange en deure. Vir my is die mooiste deel daardie slides in die haaitenke, die dolfyn en ander water attraksies ... kom kyk more daarna.