Monday, July 7

'n Nuwe strandjie

Met al die nuwe paaie langs die see is daar so stadig maar seker grond gevat ... 'n groot deel van die strand wat altyd daar was en natuurlik 'n deel van die see ook. Die mense kla 'n bietjie en siedaar, hulle vat nog 'n bietjie grond by die see en bou 'n hele nuwe strand vir almal om in te swem. Hierdie week is die strand amptelik geopen. Maar nie sommer net so nie, hulle het die langste lint-wat-geknip-word-om-iets-te-open ter wereld gehad. Hier word dele van die lint vasgehou voor die seremonie. Ons wil ook graag die nuwe strand van nader bekyk maar die hittige weer maak dit onmoontlik so ons probeer 'n aanduitstappie in hoe humiditeit wat met toegewasemde kamera-lense onmoontlik maak om foto's te neem (Jippie hoor ek die kinders se!) Die hele dorp is opgewonde oor die nuwe swem- en speelplek. As mens kan ysskaats en rollerblade met jou swartrok, kan jy seker daarmee swem ook. Elriza en Leana gaan voel ook die water wat lekker louwarm is. Ek wil later van die strand vertel, maar kortliks het hulle al hierdie grasperke en paadjiess uitgele, daar is klompe sambrele gebou, volleball nette, 'n moskee, kleedkamers, lewensreddingstorings, 'n pizza plek, baskin robin roomys plek, polisiestasie, ens. langs die nuwe strand. James gaan wys ook vir Leane die mosaikteels in een van die klompe duikwee wat onder deur die straat gaan. Hier loop die tweetjies by die groot fontein af. Seker die toneel wat die meeste afgeneem word. Leane by die dansende hare-dans!

8 comments:

Anonymous said...

Eerste keer wat ek hier lees en dis goed om te sien dat ek nie die enigste een is wat deur 'n humiede somer worstel nie ;-) Suid-Korea se somers is niks lekker nie! Moet se dat baskin robins die lekkerste roomys het! Nes hier, skroom die mense lykit my nie in die Ooste om te bou en te breek soos hulle wil nie en dit teen die spoed van wit lig. Ek het lekker gelees.

Anonymous said...

Die spoed waarteen Abu Dhabi ontwikkel is vreeslik!! Maar julle geniet seker al die ontwikkeling?!

Mooi mosaiektoneel! Leane moes net haar hare ook los gemaak het en so skuins gegooi het! ;-)

Anonymous said...

Kaalvoetinireen welkom. Wat is julle temp? Ek lees vanoggend in ons plaaslike koerant hulle vertel dat die hitte nou gaan begin spoed optel.

Anonymous said...

Thea jy moet weet hierdie dorpie is nog nie eers 40 jaar oud nie en die ontwikkeling wat hulle mee besig is, is ongelooflik. Selfs vir ons wat al tien jaar hier is, is dit te vinnig.

Ja ek dink ook Leane moes die haredans gedoen het, maar die fotograaf (James) het seker nie gevra nie.

Muriel said...

Sandra moet hulle nou met die swart rokke swem ook? Mens sal verdrink met die ding. wha ha ha ek is mal oor hierdie inskrywing!

Die hare dans foto is mooi!! Ek dink ook Leane moes die haredans gedoen het!! Nader aan die muur langs die blou rok vrou, dan lyk dit of sy ook dans. Magic ek gaan nou google oor die hare dans storie ek wil dit raam!! Dit sal mooi lyk op mens se spieƫlkas waar jy jou hare doen!!

Anonymous said...

Hulle doen alles met die swart rokke Muriel.

Het jy toe inligting oor die haredans gekry?

Anonymous said...

Leane,...Ek dink jy moet nou maar jou fotograaf saam vat na die haredansers toe, en dan maar nou weer 'n foto neem,die keer met jou hare los,en langs een van die vroue.... nice inskrywing ons het 2dae terug die 'nuwe' see gaan uit toets en christiaan het dit baie geniet.
groete'tjies

Anonymous said...

Mariette dink jy mens kan die hitte in die duikweg vrywillig nog 'n keer aandurf vir 'n foto?

Waar is jou strandfoto's, stuur bietjie.