Tuesday, July 15

Kameelry en nog heritage

Ek het vandag hierdie blog seker ses keer begin.


Die wat nie ... weer familie foto's en weer 'n plek wat ons besoek wil sien nie, ek stel ek voor jy lees nie eers verder nie.


Ons was al ernstig bekommerd dat die hitte dit onmoontlik gaan maak vir Leane om daai kameelrit te ervaar maar jippie eintlik het dit gebeur!! Met 'n besoek aan ons Heritage Village het Kammie die Kameel net vir haar gewag. Kyk net hoe mooi het die kameel al geoefen om vir die kamera te glimlag. Ek moet julle ouens vertel dat daai woestynsand erg warm was.
Leane het baie goed gedoen soos julle met die op- en afklim video clip kan sien. Die kameel was bietjie omgekrap omdat ons sy oggendslapie versteur en het dit vir almal vertel. Na die rit het sy bietjie met hom daaroor gaan praat. Hy was ok met die kop vryf en ore krap tot op 'n punt en toe is hy weer vol gesels om te vertel hoe moeg hy is en dat hy eintlik wil rus. Ou Langoor wat nog lyk soos in my ou sub A skoolboek het egter die aandag vreeslik geniet. Die Arabiese perd het darem toegelaat dat Leane hom bietjie vryf alhoewel dit so half en half sy eettyd was.
Omdat Abu Dhabi en die UAE nog so 'n jong land is, begin hulle nou eers kennisneem van "bewaar" en geskiedenis. Natuurlik met al die westerlinge wat hier bly is dit ook belangrik om hul kinders en besoekers van die kultuur en gewoontes te wys. By die Heritage village is dit wat hulle probeer doen met orals stalletjies wat hulle wys hoe ou "gebruike" nog beoefen word en hoe die mense gelewe het. Ons eerste stop is by die ou wat matte weef. Mense daai toue lyk deurmekaar, maar as dit ek was, was dit verseker gekoek ook. Agter William is twee van die matte wat hy klaar geweef het. Hy doen dit van 'n foto af!! Elke mat neem volgens hom ongeveer 'n maand om te voltooi. Ek kan nie eers paint by numbers so vinnig klaar maak nie. Hulle gaan kyk na 'n tipiese huis wat in die woestyn was. Die toring op die regterkant is die aircon en baie effektief! Ek kan net sien hoe die kindertjies oor die warm sand skarrel na die swaai toe. James kan die versoeking nie weerstaan nie, kla net oor die hoogte van die swaai. Hier is hulle voor 'n ou dhow met Abu Dhabi op die agtergrond. Die see-dam is bietjie onstuimig. Natuurlik kan ons nie verby die voorstelling van opgrawings loop nie. Al wat geskiedkundig aan hierdie foto is, is dat dit my herinner aan 'n ou liedjie "Eendjies, eendjies, stap in 'n ry" Hierdie drie wou nie oorswem nie, hulle het die brug verkies. Hulle het ook 'n voorstelling van 'n plaas met regte diere. Ons wil uit die hitte kom en gaan stap in die klein museum wat bietjie vertel van hulle geskiedenis. Die wit en swartrokke het veel verander sedert daardie tyd nie. Daar was ook 'n uitstalling van ou swaar silwer juwele wat die vroue gedra het. Leane is verstom oor die gewig van hierdie "oorlogsklere". Oppad uit loer ons ook in by die pottebakker wat net wil he ons moet foto's neem en waar die sy geweef word. Hierdie ou is seker badkamer toe want ons kan net inloer maar dis fynwerk hierdie. Hier is van die doeke wat hy geweef het. Ons is warrrrmmm toe ons klaar is, maar ook dankbaar dat Leane die kameelrit kon ervaar.

8 comments:

Anonymous said...

Hey
Ja ons sal weer mooi lees oor die werks aanbod, maar as ek so na jou luister dan dink ek ek bly maar net hier in my koue land en gaan kuier liewer vir jou wanneer dit winter is daar by jou. Dit pas my heel goed. So verlang ek darem nou baie na my dogter en ons besoek en so darem na julle ook
ANnie

Muriel said...

Sandra hoekom maak daardie kameel sulke snaakse geluide? Is dit omdat hy moan omdat hy warm kry? :(
Ek sit in trane hier oor hierdie mooi diere!! Ek weet nie vir wat sit ek nou hier en tjank nie ek is skoon simpel, ek kyk die video's oor en oor en oor!!!
Ai Leane ek wens ek was jy!! Is dit nie vir julle ook pragtige diere nie???

Hoekom sal ons nie oor die familie wil lees nie? Dis hoekom ons blog, ons blogs is ons foto albums en memories wat ons hier bêre!

Sandra ek het ook begin met perde versamel ek moet dit ook nog op my blog wys he he Jy vra seker wat nou nog!!! Kyk hoe mooi lyk hierdie Arabiese perd

Di eendjie foto is pragtig!!

Sandra ek het hierdie link by my kameel inskrywing gaan plaas, dit is regtig eerlik ek belowe die mooiste kameel inskrywing wat ek nog gesien het.

Baie dankie, en ons geniet dit om oor die familie te lees. Ek is seker die pappa van uit en tuis geniet dit nog meer!!

Anonymous said...

Annie!!!!

Moenie na my luister nie, dis nie so warm nie, dis heerlike somer :-)

En natuurlik is die ou landjie nader aan jou dogter ook weet jy?

Anonymous said...

Muriel ek dink die ou kameel is ok met die hitte, hy het net nie daarvan gehou om gedurende sy rustyd gepla te word nie. Hulle kan nogal erg humerig wees.Dis menslik :-)

Anonymous said...
This comment has been removed by a blog administrator.
Anonymous said...

O ja Muriel jy sal goed hier aanpas want kamele en perde saam met die valke is baie belangrik vir die Arabiere. Loer bietjie op die foto album onder kamele, perde en valke en sien wat vang hulle met hul aan

Muriel said...

Waar was ek nog die hele tyd??? Ek het nie die foto album gesien nie. Die geverfde kamele is pragtig. Ek sal nou so rukkie in jou album kuier hehe

Dankie, verskoon maar, alles werk bietjie stadig.....of dit wil dalk nie meer mooi saamwerk nie.

Lekker dag vir julle almal !!!

Anonymous said...

Mmmmmm ja ons kan dit seker n halfpad stop maak.
Annie