Tuesday, June 3

Dis hoe "experts" dit doen

Daar is die afgelope twee dae so 'n bietjie despuut oor - is sekere mense shoppers of nie en ek het gedink dit sal goed wees om vir julle te wys hoe professionele shoppers dit doen :-). Amelia en Corine was nog nooit by die Blou souk in Sharjah nie en ons durf die Dubai/Sharjah verkeer aan om vir hulle te gaan wys. Die souk is nog stil en ons begin aan die parfuum en goud kant en die dames is baie versigtig met die hele koopstorie. Amelia het egter 'n ekstra sak of twee gebring vir net ingeval. Sy is ook die een wat eerste stop en mooi goetertjies raaksien. Binne twee uur later was sy dan ook die trotse eienaar van 'n mooi blinkdingetjie. Charmaine kan nie verby 'n mooi lappie loop nie, (ja ek weet jy ook Annie) of hulle nou 70 of 700 dirham kos. Die winkeleienaar sien ons ver kom en ons word gewys hoe "suiwer" dit is, dit kan selfs deur 'n ring getrek kan word en hierdie vriendin van my word mos baie gou oorreed om iets te koop want sy hou nie daarvan om mense se "gevoelens" seer te maak en nee te se nie. Corine is die "nuwe" een by die shoppers en sy laat haar gou in die winkels inlei. Hier kyk hulle na geskenkies vir die vakansie huistoe in Julie. Maar kom kyk nou by 'n ekspert .... sien jy pak alles so uit op die grond en dan kyk jy wat jy nodig het vertel Charmaine. En sien hoe gou kry Corine dit reg ... uitgevang!! Eintlik was ons oppad na die "ladies" toe en hierdie winkels het net voor ons ingespring. Ons kommer oor hoe skoon dit gaan wees maar die "handicapped toliet" is presies wat dit se, jy kan dit bykans nie gebruik nie so handicapped is dit. Dan is dit tyd vir ietsie om te drink want dis warrrmmmmm. Ons wag vir 'n "vrugte poustert" wat in hierdie land baie lekker is. Weer terug na die moeilike taak van shop. Watter mat sal dit wees? Die arme man gooi al die matte uit sodat hulle kan kies en ja daar word toe wel 'n ou matjie gekoop. Die dhs25000 een sal miskien nog eendag gekoop word. Die souk begin nou besig word en dis net so 'n gewilde inkopie plek vir die swart rokke. Maar laat ek vertel dat dit ook by SAfrikaners wat hier bly of kuier gewild is want die winkeleienaars gooi maklik 'n "baie mooi" en "pragtig" tussen sy engels deur.Die pakkies begin ook nou meer word en mens troos jouself dat dit 'n bargain is en mens baie geskenkies vir huistoegaan gekoop het. Amelia sien 'n rok waarvan sy hou in die materiaal plek en besluit om ander dag as sy gespaar het van die materiaal te kom koop. Teen eenuur is ons verplig om die Blou souk totsiens te se want hulle maak toe vir 'n middagslapie. Corine was nog glad nie by enige mall in Dubai nie en ons besluit om vinnig by IBN Battuta te stop (ek het al heelwat oor hierdie mall geblog). Maar die dames is m-o-e-g en besluit om nie deur die mall te stap nie, maar die karretjie te ry. Hier wag hulle by die stasie in die China vleuel. Hulle lyk lekker moeg ne.By Egipte groep Amelia, sy het nou genoeg gehad. Nog 'n baie suksesvolle inkopietog ....

10 comments:

Anonymous said...

Dubai is so pas op my lysie bygevoeg van plekke wat ek nog wil besoek!

Anonymous said...

Dis 'n mooi blog maat en onthou net dis nie ek wat die mat gekoop het op die ou end nie reg? Dalk eendag... soos jy sê... as my skip kom. Charmaine

Muriel said...

Sandra shopping is my gunsteling stokperdjie. Ek het heerlik gekyk na al die mooi foto's....

Julle girls kan lekker shop nê?
Daardie matte is ongelooflik mooi.

Dankie vir hierdie lekker inskrywing.

Hi Reisiger ek sien jy het ook my nuwe maatjies ontdek hie hie ek het hulle uitgesnuffel, dis vir my baie lekker hier in Dubai.

Sandra partykeer kuier ek as Wipneus as ek te lui is kuier ek as Muriel..... een en dieselfde mens...

Ek het maar julle links by Muriel's diaries gaan opsit, ek is bang ek veroorsaak 'n storm loop op julle almal se blogs, sonder julle toestemming....

Anonymous said...

Wipneus, ek doen al lankal hier windowshopping, maar het nog net nie baie kommentaar gelewer nie!

Terloops Sandra, ek was voorheen Kaalvoetkind! :-)

Daai matte is stunning hoor!!

Anonymous said...

Muriel, Reisiger dis lekker om name te he by die mense wat inloer. Die UAE is 'n lekker plek om te shop maar een dag in Dubai is genoeg. Abu Dhabi is beter vir specials!! Julle sal maar matte moet kom koop.
Maat ek weet dis nie meer lank voordat daardie mat by die ander in jou sitkamer le nie.

Anonymous said...

As daar klomp geld in my bankrekening is en ek weet die hondjies sal nie op daardie mat mors nie, dan sal daar so mat in my sitkamer lê, maar op die oomblik sal die een wat daar is baie sleg voel as hy skielik na al die jare nie meer goed genoeg is nie. Mens moet baie dinge oorweeg voor mens sommer net 'n nuwe mat koop... maar ai... ek HOU van daardie matte..En Annie, Muriel en Reisiger, julle sal moet kom saam shop. Dit kan baie pret wees. Charmaine

Anonymous said...

Charmaine ek is in!

Reisiger wel slaan my dood, kan jy nou nie vir mens sê jy is Kaalvoetkind nie, daar dog ek, ek kuier saam 'n nuwe maatjie, en al die tyd is dit 'n ou maatjie...Nou moet ek dit nog hier tussen die duine kom uitvind? (ha ha Dis vreeslik snaaks.)

Sandra julle, ek wil nou iets vra. My haarkapper het daar by julle gewerk. Hy vertel my nou die storie.... as daardie vrouens met die swart klere... se kuite uitsteek, dan word hulle met so stokkie gepiets op die kuit wat ontbloot is???? Ek glo Kobus (haarkapper) glad nie, en hy word kamstig kwaad vir my. Hoeveel van sy storie is waar, en probeer hy nou net weer my been trek?

Anonymous said...

Muriel wel miskien moet mens maar Kobus se storie met 'n knippie sout neem. Die kanse dat hy 'n tannie met 'n swartrok se hare sou doen is baie min want hulle haal nie hul kopdoeke af voor mans nie en ook nie in 'n "openbare" haarsalon nie. Die salonne het net vroue. Die manshaarkappers werk meestal by hotelle se haarsalonne. Eerlik het ek nog niks kuite sien uitsteek nie maar hulle trek baie baie mooi aan onder daardie swart rokke. Miskien praat hy van Saudi, maar dan sou hy ook nie hulle hare kon doen nie. Ek dink meer detail van hom is nodig om te sien hoe waar sy storie kan wees :-)

Anonymous said...

Oooo en ons is altyd reg om mense die winkels te wys as julle wil shop. Los net tyd vir die koffiewinkels en ander besienswaardighede ook

Muriel said...

Ek het geweet hy trek my been. Ek het ook gehoor hulle trek vreeslik mooi aan onder daardie swart klere. (Hy het wel by 'n hotel gewerk)

Ek is mal oor Dubai, Indie ens ens
Hulle materiaal, bling-bling lappe en handsakkies en matte gaan my nog bankrot maak.

Ek lees ook orals oor alles van hulle, snoop altyd rond, dis hoe ek julle ontdek het.

Mooi bly en lekker shop ;)