Wednesday, June 11

Nog markte en winkels, maar net in Afghanistan

Ek weet na al die mall blogs dink julle dalkies dis waar ons die heeltyd uithang ... maar dis nie waar nie ... daar is 'n goeie rede hoekom ons malls toe gaan. Eddie het weer 'n paar foto's in Kabul geneem van hulle winkeltjies. Hier is hy in sy Afghanhistan speel-pakkie met die hoed wat 'n Pakol genoem word.Indien jy nou vir die naweek 'n ou braaipie beplan sal 'n stoppie by die vars groente en vrugtemark 'n moet wees. Wees verseker dat die vleis baie vars sal wees. Daar is 'n keuse van die een wat reeds geslag is en voor die winkel uitgestal word of die een wat nog geslag moet word. Beide vars.Indien jy natuurlik nie vleis eet nie, kan jy die visstalletjie probeer .... maar liewers as troeteldiere dink ek. Kyk elke sakkie het sy eie vissie in. En vergeet van al die lekker roomyswinkels, hierdie outjie verkoop dit op straat. Wonder hoe lank hou dit in die hitte. Laat my dink aan die tye toe ek nog klein was (letterlik en figuurlik) en die roomyskarretjie se klokkie die hele huis op hol gehad het soos ons soek na 'n muntstuk om roomys te kan koop. En later toe ek ouer was, daai roomyskombi's met die draai roomys met flakes in ..... oooo. Mens kon darem die lekkerste roomys in Blouberg en Melkbos koop.Natuurlik sal die "tuin" 'n bietjie vasgevat moet word sodat mens kan kuier rondom die vuur en dit beteken die gras moet gesny word of beter nog in Kabul, sommer roll-on koop. Lekker handig hierdie ou doen gras aflewerings. En hierdie outjie? Ek weet nie of julle regtig wil weet wat in die kruiwa is nie, maar "toilet-afval" word na 'n sentrale plek geneem .... weet nie of hulle dit vir kompos vir die gras gebruik nie. As jy dan eintlik die kos en braaiplek het, kan mens begin regmaak vir die aand. Hierdie kolletjie groen is by die plaaslike hospitaal in Kabul se restaurant.
Sien mens so die winkels en poging tot winkels, het ons baie rede om dankbaar te wees vir wat ons hier het en dit beteken ons moet dit waardeer en gereeld besoek :-)

5 comments:

Anonymous said...

en dit beteken ons moet dit waardeer en gereeld besoek..

Presies my eerste gedagte ook toe ek begin lees! :-)

Anonymous said...

Ai dankie vir die toer na Afghanistan... ongelukkig dra ons nie die Afghan speelpakkies daarvoor nie, maar gelukkig hoef ons ook nie ons afval so weg te ry of vars vleis by sulke slaghuise te koop nie... waaroor kla ons nou weer? Charmaine

Anonymous said...

Die pakkies het baie spasie as mens baie sou wou eet maat. Hoekom dink jy ons gaan so baie malls toe nouweer, om dit te waardeer! Sal nie weer oor een shopping uitstappie kla nie

Muriel said...

Dit was nou interesant! Ons het baie om voor dankbaar te wees!

Ons het nou nog die roomys kombi's wat hier rond ry en lekker roomys met flakes in verkoop. Selfs in die winter! Kan julle glo?

Maar jy het my nou net oortuig, ek moet my mall's waardeer. Cresta, Sandton, Menlyn hier kom ek!!! Maak pad....

Anonymous said...

Ek sal die roomys en winter nou neem dankie.

Wat die malls betref mis mens nogal hier om die weet watter nr klere om te koop. Kan sommer depressief raak as die nrs drie/vier keer kleiner is as waaraan mens by die huis gewoond is, so ja waardeer daai malls om klompe redes