Friday, June 27

Dit was nou oordadig

Ja spyt kom te laat en ons voel dit aan ons lywe. Soos ek al vertel het, het ons al Maandagaand begin met die verjaarsdagetes toe almal by Noodle House gekuier het. Dinsdagoggend staan Charmaine ons vir Elriza se verjaarsdagontbyt by Rosebuds. Die verjaarsdagmeisie by van die lekker soetgoed en sy neem net een klein stukkie. Ons almal verkeer "vreetsaam", iets wat vir 'n paar dae aanhou.

Woensdagmiddag se ons "lekker vakansie" vir Corine by Chocholat en almal in die bekende posisie. Miskien dink William aan die "vis" wat hy bestel het. Woensdagaand is dit Elriza en James se verjaarsdagete by Rodeo Grill en die foto's wys ek more saam met nog 'n ander ete.Nog is dit die einde want Donderdagoggend het James sy verjaarsdagontbyt by Rosebuds. Kyk hoe gesond eet hulle. Die twee se borde is ook nie vol nie en hierdie keer het Elriza selfs die soetgoed van die vorige ontbyt 'n skip gegee.Nou het ons genoeg gehad ek's doodseker ...

5 comments:

Muriel said...

He he mense maar julle eet so lekker mens word sommer honger hier voor die rekenaar!!

Anonymous said...

Maat dis verseker nou vir eers genoeg... maar dit was darem so lekker . Charmaine

Anonymous said...

Muriel jy mag dalk honger voor die rekenaar word, maar ek kon nie eers die ander eetfoto's post nie - ek's allesbehalwe honger.

Ja maat dis verseker eers genoeg tot volgende keer :-)

Muriel said...

Hie hie ek kan hoor julle is moeg geƫet.

Toemaar gelukkig skreeu die magie binnekort weer vir lekker kos.

Anonymous said...

Mens spot nie met kos nie Muriel!