Saturday, June 28

Bietjie langs die Cornish

Eintlik oppad om 'n bietjie kruideniers te gaan koop, ry ons so 'n draai langs die Cornish om vir Leane van die dorp te wys noudat die sand begin verdwyn. Eers ry ons na die hawe se kant toe omdat daar 'n mall is wat hulle eers wil besoek. Op hierdie kol draai mens links dan het jy 'n woestyn eiland op die agtergrond of mens draai regs en die dorp le op die agtergrond. Die lug is nog effens deinserig, maar met minder sand en net so in die vroee 40's al voel dit baie erger. Ons ry langs die "twak en toonnaels" souk af waar daar honderde potte en plante vir 'n baie goeie prys te koop is. Nie so duur soos by die huis nie. Miskien ook omdat dit nie altyd hou in die hitte en son nie en mense moet meer gereeld kom koop. By Al Dhafra wys ons vir haar al die dhows wat uitgaan om vis te vang. Die bote is soos sardientjies ingeryg. Ek wonder altyd wat as die een die verste weg eerste wil uitvaar? Hierdie dhow is die Al Dhafra eetboot wat langs die Cornish vaar terwyl mens tradisionele Arabiese kosse eet. Die restaurant self maak voorsiening vir families (dis nou as mans en vrouens saam is) en mens kan oorkant die pad van die hoofrestaurant in klein hokkies sit in eet. Hier is die hoof restaurant. Kyk die dakke het vars groen blare op om dit meer koel te hou. Verder langs die Cornish en die water lyk baie mooi vandag alhoewel dit bietjie "onstuimig" is. Ons ry langs die breakwater af en natuurlik moet sy die hoogste vlagpaal ter wereld sien. Die twee staan so, dat mens kan sien hoe breed sy onderkant is. James probeer die hele paal inkry van die onderkant af en vang die son bo by die vlag. Leane loop tot die anderkant van die pad terwyl sy probeer om die hele vlagpaal in te kry. Kyk hoe mooi is die straatligte. Abu Dhabi van die anderkant af en mens kan die hitte sien. Mens is dors en hierdie drinkgoedmasjiene het seker van die beste uitsig wat ek van weet. En dan as ek wegloop sien ek mens kan die hele vlag van hierdie kant af inkry! Die gebou op die voorgrond met die pragtige mosaikteels is 'n kunste teater.

4 comments:

Muriel said...

Ek is mal oor die Al Dhafra eetboot daardie een moet ons doen as ons daarkom.
Wat vreeslik interessant is, is die groen blare op die dakke!!

Dankie Sandra ek het lekker gekuier ;)

Hoop julle hou lekker naweek

Anonymous said...

Muriel "as ons daarkom"? Beplan julle darem nou al?

Hulle blare bruin of groen help nogal om 'n plek koeler te laat voel.

Dis Sondag vandag en die week begin, jy moet jou naweek geniet

Muriel said...

Ek gaan definitief Dubai toe, ek gaan shop!!! Ek dink nie daar is 'n ander plek in die wêreld waar jy so lekker kan shop nie. hie hie

Anonymous said...

Jy moet tog onthou dat ons in Abu Dhabi bly en nie in Dubai nie hoor