Thursday, June 26

"Spar" en "jankosie"

Eintlik het die laaste dag van verjaarsdagvierings aangebreek met James se verjaarsdag. Ons hou darem al verjaarsdag vanaf 'n dag voor Elriza s'n. Weer het ons gaan ontbyt eet by die hotel, maar daarvan vertel ek later .... kan op die oomblik GLAD nie aan kos dink of na 'n prentjie/foto daarvan kyk nie. Ek het vir James en Leane as 'n treat by die Eden Spa gaan aflaai met streng opdrag van foto's en hulle het tog so mooi geluister :-). Elkeen het sy/haar handdoek, kamerjas en pantoffels gekry en ek wonder so op my sigself hoe 'n "fit all sizes" met die twee gaan werk. Op die oog af lyk dit nie te sleg, te groot of te klein nie, tot mens van nader kyk. Amptelik eergister gemeet as die kortste van almal, selfs Elriza, en die kamerjas vir normale lengtes lyk bietjie groot. Gelukkig het mens nie nodig om met die ou jas te spa nie. Hulle hang eers in die bad met spuiters rond. Vra my dis heerlik as die water so orals op jou spuit en daar is selfs spuitertjies op die bodem vir mens se voete. Hierdie vals rots het ook 'n groot spuiter wat op mens se kop, nek en skouers spuit. Lekkkeeerrr!! En dan is dit die Turkse baddens. Dit is so 'n grot-opset met elke warm bad van verskillende temperature in 'n grot. Hier is James in 'n 36 grade warmwater grot.In die middel is 'n "chill-pool" van 0 grade wat mens tussen die warm baddens moet aandurf. Ek was nog nooit braaf genoeg daarvoor nie en dit lyk asof James dit ook nie maklik vind nie. Ek onthou 'n keer toe Charmaine vir Elriza dhs100 moes betaal om dit te doen. Leane in die 35 grade bad (terloops ek en Nelmari was by die Ladies Club swembad terwyl hulle gespa het en ons buiteswembad was 31 grade). James is behoorlik in die warm water met 38 grade. Hulle vertel dat hulle die hydro en baddens twee keer gedoen het. Al die ontspanning het hulle beslis ingehaal, want skaars by die huis het Leane uitgepass vir 'n slapie.

4 comments:

Anonymous said...

Jitte maar dit lyk darem maar lekker hoor! Maar van daai chill-pool weet ek nie so lekker nie! Te oordeel aan James se gesig is dit ERG koud! Ek dink ook nie ek sal so koue bad na 'n warm een kan aandurf nie!!

Muriel said...

Maar dis mos eerste klas bederf hierdie! ha ha Ek stem, ek sal ook nie voet in so koue bad water sit nie.
Julle lewe is feeste!

jackieo said...

Sjoe dit was omtrent 'n groot bederf !! Dankie Sandra - as dit so aanhou gaan Leane nie wil terugkom nie.
Moet se ek sien nie kans vir die "chill" bad nie, maar die ander kan net te lekker raak!!

Anonymous said...

Volgens die slimmes is die koue bad juis die een wat goed is vir 'n mens Goed is nie altyd beste nie ne!