Monday, June 2

As ek kon ....

....het ek 'n eis teen die Dolphinarium ingestel !!!

Twee weke terug het hulle oopgemaak in Dubai. Ons bel en hoor dis nogals duur, maar as jy op 'n Vrydagoggend kom, is dit slegs 30% van die fooi en dus 'n bargain. Summier word 'n uitstappie beplan. Erg opgewonde en met 'n paar verkeerde draaie in die deurmekaar Dubai kom ons eintlik by die Dolphinarium aan. Wel, nie heeltemal nie want daar is 'n hengse lang tou motors wat parkeerplek soek. Nelmari en Charmaine spring uit om solank in die tou te staan terwyl ek parkeerplek soek. Genadiglik kry ek een onder 'n skadunet en gaan staan saam met hulle .... en dis warm ouens. Ons kom eintlik voor om te hoor dat al die kaartjies uitverkoop is ... sien die slimmes het "online" gekoop en hulle voel vrede vir die mense wat sover van Abu Dhabi gery het. Die wind is uit ons seile en ons vat die pad huistoe oor die floating bridge wat per toeval verby die Deira City Centre gaan. Ok nou moet ek julle ook vertel dat vir baie jare die winkelsentrum vir besoekers aan Dubai was. Ons het ook ons shopping tien jaar terug hier gedoen en dit was 'n groot reuse mall. Nou dat ons ook "groter" is, lyk die gangetjies maar nou en nie soos die nuwe malls van die dorp nie .... maar saak nie maak nie want die dolphanarium is toe en ons is nou in Dubai. Julle sal nie glo hoeveel goed mens nodig kry as jy so verby die winkels loop nie. Gou-gou tyd vir 'n ou koffietjie by Costas en 'n muffin. Kyk Annie dis 'n kleintjie!

In dieselfde gang as Costas is die oulikste seep en lekkerruik winkeltjie met sepe wat jy so afsny in alle vorms, kleure, reuke, geure ens. Ons ruik en kyk en vat aan alles maar met 'n seep wat "Caca Rouge" genoem word en nogals nie te goed lyk nie, roep ons halt.Na nog baie pret en sommer in al die winkels inloer is dit tyd vir middagete en ons probeer 'n nuwe "steakhouse". Charmaine maak seker my spyskaart het nie ander kos as hare nie. Nelmari lyk lekker moeg maar gelukkig met al die sakkies langs haar. (Neem kennis meeste is Charmaine s'n). Die kos kom en ons is spyt ons het daai "klein" muffin geeet want die burgers is iets ysliks. Dan vat ons die pad terug en Nelmari dra die pakkies. Elriza jou ma wil seker maak die winkels is leeg voordat jy kom. Maar die dag was lank en partymense kan nie hulle oe oophou nie. En ek ... ek wil net by die huis kom dat ons kaartjies kan bespreek vir die dolphanarium .... hulle vang ons nie weer nie!

9 comments:

Anonymous said...

La la la la la.... die meeste pakkies is NIE myne nie... ek het net sulke ou kleintjies gehad. As Elriza by was sou die meeste pakkies seker myne gewees het.... Nee nee maatjie, dis nie mooi om so te jok nie.. Charmaine

Anonymous said...

HI
Ek het nou net n groter muffin van die supermark! af geeet. Maar ai, daai burger. Soos Corli vir my in die aand gese het, "ma ek weet nie waar bere die mense al die kos nie. Ons moet maar deel" Nou ja ek sien kans vir die bakkie goed wat langs die burger was. Weet nie wat dit is nie maar lyk of ek dit sal inkry.
Daar is blykbaar nog baie plekke wat ek nie gesien het nie!!!???
Annie

Anonymous said...

Maat pakkies word nie getel in hulle grootte nie maar in hoeveelheid!

En ja Annie daar is nog baie plekke wat jy kan sien! Ons het ook die burger gedeel ...met die doggie bag en Luie blaf al die pad.

Muriel said...

Oe! maar Charmaine is 'n bobaas shopper. hie hie

Daardie burger lyk groot en lekker.

Julle het 'n wonderlike dag gehad, wens ek was ook daag

Groete
Wipneus

Anonymous said...

Ja Charmaine is 'n bobaas shopper al wil sy dit nie weet nie. Die bewyse is nou ingevorder en sal more "geopenbaar" word!

Jammer maat die een kan jy nie wen nie.

Anonymous said...

O ja...? En as ek nou skuld erken kan mens maar die bewyse ding skip? Charmaine

Anonymous said...

Ongelukkig nie maat want as mens goed is met iets moet jy dit met ander deel :-)

Anonymous said...

Eish, dis 'n bielie van 'n burger daai! Julle shopping ekspedisies lyk altyd só lekker, julle maak my sommer groen van jaloesie!

Anonymous said...

Jy moet trots wees op jou gawes Charmaine, sit nou maar die bewyse op Sandra!!
Annie