Tuesday, June 17

Kinders is hier ... tasloos

Die kinders is eintlik hier vir hul winter, ons somervakansie. En as mens van Bloemfontein se koue afkom, kan die vroee somer weer hier nogals 'n lekker verrassing wees. Na hul vlug van Bloemfontein is daar 'n tydjie van wag op Johannnesburg. James en Leane lyk nie te ongelukkig daaroor nie. En die houding? Op Abu Dhabi en partymense se tasse is nie op die vliegtuig nie. William is die gelukkig ou wie se tas arriveer asook 'n klein tassie met die lekkergoed van SA maar die twee wat so breed glimlag se tas is nog soek. Ek vermoed hulle dink aan die koop van "in staan" klere tot die tas kom. William toets sy nuwe foon terwyl James hulle dadel sjokolades eet. Ons sit nie lank nie of daar moet opsluit Marina Mall toe vir noodsaaklike klere. Gelukkig is die winkels nie so besig nie. En dan die oe wat ophelder want hulle gunsteling winkel het hul uitverkoping en onmiddelik het die drie Holloways allerhande sportskoene nodig. Dit vat nie vir Leane lank om die winkels agter te kom nie. Kyk Sue hier kom sy met 'n handvol klere by die aantrekhokkie uit. Dis te goedkoop nie te vat nie se hulle.
Nelmari se tas is nie weg nie, maar sy het altyd klere nodig. William is meer in 'n luim vir gekskeer as klere koop. En dan dit waarna die seuns al weke uitsien en elke epos van gepraat het, Burger King. James het al die swiss mushroom XXL geruik toe hy in Abu Dhabi aankom dink ek. 'n Middagslapie volg en dan is dit weer tyd vir eet, die keer by die Brauhaus. Die kinders het duidelik heelwat kos en sjokolade en klere koop om op te vang, en vir ons is dit lekker om hulle hier te he.


En vir die tas .... ons wag nog dat hulle dit tussen Bloem en Johannesburg opspoor.

8 comments:

Anonymous said...

Sjoe, soos die tasse darem deesdae wegraak is iets vreesliks! Ek hoop die kinders se tasse word gou opgespoor!! Maar intussen is dit 'n lekker verskoning om nuwe klere te koop!

Ons seuns was net so gek oor Burger King toe hulle in Engeland gebly het. Na 2 weke daar, kon ek nie meer 'n burger in die oë kyk nie!

Anonymous said...

Seuns en Kie, Ek hoop nie julle tasse kom so gou soos my en Corli sin nie. Ons het nie veel tyd gehad vir "nodige" koop nie toe is die tasse daar. geniet die tyd in die somer weer!! En ma se beursie! ha
Annie

Anonymous said...

Thea ja ek hoop hulle word gou uitgeeet aan Burger King, maar dan is daar nog ander plekke ook. Mens sal sweer daar is niks plekke in SA nie.Of miskien het dit met "wie betaal" te doen?

Anonymous said...

Ja Annie die beursie is belangrik. Ons het darem uitgevind die tasse is opgespoor in Johannesburg. Hoop alles is nog binne-in

jackieo said...

Sjoe die tasse is maar 'n gesukkel - Leane en James - ek hoop julle het nou al reggekom.
Sandra jy moet maar kyk dat Leane nie alles blaas nie - hehe - weet nie hoe maklik dit sal wees nie
Dankie vir die mooi kyk na my dogter.

Anonymous said...

Wel, ongelukkig is ons tasse nou opgespoor so die shopping is vir eers maar klaar. Nou kan ons darem iets anders dra as jeans ook. En uiteindelik reg vir vakansie hou!

PS moenie worry nie ma, ek sal nie als blaas nie(ten minste nie op dieselfde tyd nie :D )

Anonymous said...

Sue jy moet darem weet dis nie sommer net vir koop nie, dis specials.

Seun dit is goeie nuus beteken dit nou ons het klaar geshop?

Muriel said...

Oe lekker saam jou kinders!!!

Geniet dit.