Friday, June 20

Hoe meer dae

Hoe meer dae, hoe meer dinge sou die oumense se en hier in die woestyn dorpie is dit soooo waar. Ek het seker al honderd keer gese, dinge hier gebeur nie "normaal" nie (dis nou as ons weet wat is normaal). As jy iets suksesvol wil uitvoer moet jy dink wat is logies en dan die onlogiese ding doen ... dan is jou kanse om dit reg te doen volgens hulle standaarde baie goed. April verlede jaar het ek geblog oor 'n nuwe hotel in die woestyn en toe vir julle die foto gewys wat ek geneem het van die ou wat die woestyn vee... Ja in die hitte staan hy baie tydsaam die papiertjies en blaartjies en opvee. Maar gister in die dorp het ek die ander uiterste gesien .... Abu Dhabi se nuwe ski helling (bietjie kleiner as Dubai se wereldberoemde een) kry weer 'n keer sneeu nadat probleme met die eerste ondervind is en hier staan twee skoonmakers die helling en stofsuig. Dis kouer as die woestynsand, maar net so 'n tydsame werkie.
Ons hoop die plek maak oop terwyl die kinders nog hier is.

6 comments:

Muriel said...

'n Ou wat die woestyn vee. whahahaha

Geniet die ski!

Anonymous said...

Nou ja, ek dink ek het ook ek nou so pas als gesien!!

Anonymous said...

hi jy!
ek het so bietjie slegte nuus(a dit waar is),... volgens die mense by die pizza plek, maak die plek eers in julie some time oop... maar jy weet mos niemand weet mos soms in die plek nie... dog ek deel maar net dit wat die voeltjie gefluit het...

groete
mariette.

Anonymous said...

Hi Mariette dankie. Ja hulle moes al twee weke terug oopgemaak het maar sukkel bietjie met die kondensasie. Miskien net miskien gebeur dit voor die kinders teruggaan middel Julie. Het julle die dolfyne geniet?

Anonymous said...

Muriel en Thea in hierdie plekkie sien mens elke dag iets nuuts - het nog nie werkskepping gesien soos hier nie.

Anonymous said...

Mariette ek kyk uit vir jou e-mail hoor!!