Friday, June 13

Wat sport kan doen

Hoeveel keer lees ons nie dat sportmanne nie kon oefen of opwarm vanwee die nat veld of die ander wat ook op die veld geoefen het nie of of of of. En neem asseblief kennis want dit mag dalkies die rede wees as ons nie 'n goeie wedstryd het nie. Met van die foto's wat Eddie vir my uit Afghanistan gebring het, kon ek sien dat hierdie mense ook erg oor hulle sport is. Natuurlik met 'n bietjie naslaan, want mens probeer stories op feite en nie hoorse deurgee, het ek hierdie week weer gesien en geleer hoe mense onder moeilike omstandighede kan uitstyg en die beste van 'n slegte saak kan maak. Een van die sportvelde uit die lug geneem en julle sal kan sien dat daar baie niks rondom is nie. Nasietrots vir iemand wat aan een van die Oosterse sportsoorte deelgeneem en goed gedoen het. Hy kry die volle "motor deur die straat en vlag" behandeling. Hier ondersteun al wat leef en bewe mekaar as daar 'n wedstryd is. Die "bokke" kom kyk sokker of is dit betogers? Toeskouers oppad na 'n krieketwedstryd. Sjoe kyk daai baanblad ... wat sal Dale Steyn of Ntini met dit maak? Krieket is vir hierdie ouens 'n belangrike ding en iets wat hierdie land se mense, wat deur soveel swaarkry gaan hierdie afgelope week 'n lekker trots gegee het. Maar net omdat ek van statistieke en feite hou, kom ek begin gou by die begin. Afghanistan was een van 12 spanne wat einde Mei in Jersey probeer kwalifiseer het om in die volgende fase van die kwalfiseerende rondtes vir die wereldbeker toernooi te speel.


Dit was die eerste keer dat Afghanistan in so 'n groot toernooi gespeel het. Alhoewel dit hoogs onwaarskynlik is dat die land wel in die wereldtoernooi sal speel, kan dit vir die oorloggeteisterde land baie beteken om goed te doen in die kwalifiseerende rondtes. Afghanistan was in groep B geloot saam met lande van die Bahamas, Botswana, Japan, Singapore en die gasheerland Jersey. Net om te wys dat dit nie sommer net klein landjies is nie, groep A het bestaan uit Duitsland, Mosambiek, Nepal, Noorwee, VSA en Vanuatu. As voorbereiding het hulle 14 wedstryde in Pakistan gespeel en toe 'n kamp by die Akademie (op die foto) bygewoon. Daar is die man met die speelpakkie weer.Hierdie akademie spog darem met twee krieketbaanblaaie en 'n boulmasjien. En ander toerusting soos op die foto gesien.


En .... verlede Saterdag het honderde mense by die lughawe saamgedrom om die span terug te verwelkom. Meestal mans met landsvlae terwyl hulle gesing het 'Long live Afghanistan' en 'long live our cricket team' terwyl die volkslied oor en oor gesing is. Hierdie spannetjie het al die lande in hulle afdeling gewen om deur te dring na die volgende rondte. Daar is baie te se oor wat sport vir nasietrots kan beteken, kyk net na ons mense met die rugby wereldbeker, en sonder al die fancy geriewe het hierdie klompie manne dit ook in Afghanistan reggekry (en dis nog net die rondte om te kan deel neem aan die kwalifiseerende rondte)

3 comments:

Anonymous said...

Dis amazing maat. Mens wil se mooi so Afghanistan. Sport is nie net goed vir nasie trots nie maar het ook baie krag om innerlik te genees van al die horrible oorlog wonde. ONS HOOP HULLE WEN

Anonymous said...

Ek dink op hulle manier het hulle reeds gewen maat.

Muriel said...

Ons moet waardeer wat ons het. Dit was lekker om hierdie inskrywing van jou te lees. Ek het nou die aand 'n program oor Afghanistan gekyk en dit gaan swaar.

Ek stem saam ek hoop hulle wen!!!