Sunday, June 15

Hoekom blog ek?

Vra ek myself die vraag. Ek meen wie lees dit en hoekom? Wat dink hulle daarvan en hoekom? Wat moet hulle daarvan dink en hoekom? Wat kan ek vandag blog en hoekom? Ek is seker dat baie bloggers hulleself daardie vrae vra. Ek weet daar is mense wat hier lees maar hoekom weet ek nie wie hulle is nie? Wanneer die vrae so opkom is dit seker tyd om terug te gaan na die rede van hoekom blog ek nou eintlik? Hoekom het ek meer as 'n jaar en amper 500 blogs terug begin? Wat was die doel van my blog?


Vir my is dit eerstens 'n digitale dagboek van stories en foto's wat ek altyd wil onthou. Tweedens is dit my manier om hier uit 'n ander land in kontak te bly en kontak te hou met familie en vriende rondom die wereld oor wat ek en my familie doen. En ja daar is ook 'n wyer leserskring en ek probeer hulle ook in gedagte hou as ek nuwe plekke wys.


En reels? - belangrik dink ek, dat ek nie blog om lesers tevrede te hou nie of dat ek kommer of hulle "goedkeuring" het vir dit wat ek blog nie. Ek moet blog wat ek wil, want met die jare sal ek die nr 1 leser wees wat terug gaan loer na ou foto's, besoeke en stories. Ek hou daarvan om te vertel wat gebeur, so seuns en Leane wat moreoggend hier aanland vir 'n besoekie, ek sien uit daarna om julle besoek te blog sodat ek later oor en oor daarna kan kyk en onthou.

8 comments:

Anonymous said...

Sandra, baie bloggers vra hul self dié vraag voortdurend af. Hoekom blog ek? Ek sien dit ook as 'n digitale dagboek - 'n baie goeie plaasvervanger vir die tradisionele dagboek. In jou geval soos jy sê, kan jou familie en vriende op hoogte bly van wat julle doen en hoe dit gaan. Maar die belangrikste dink ek, is om te blog oor dit waarvan JY hou.

Ek skryf oor goed wat my interesseer en in my lewe gebeur en as iemand aanklank vind is dit goed, as hy nié, hoef hy niks te sê en hy hoef dit ook nie te lees nie.

Ek stel baie belang in Suid-Afrikaners wat oorsee bly en om te hoor hoe hulle dit ervaar, waar hulle is en om te sien hoe dit daar lyk omdat ek self baie lief is vir reis en ander kulture te beleef.

Anonymous said...

...vergeet om te sê. Geniet die kuier saam met jou kinders!

Anonymous said...

Sandra,
Ek is so bly jy het begin blog en dat ek byna daagliks jou staaltjies kan
lees en deur dit meer van Abu Dhabi en Dubai kon leer ken. Min het ek
geweet dat my kind ook Dubai toe gaan verhuis en voel ek amper ek ken die
plek en dat dit nie heeltemal vreemde wereld is waarheen sy gaan!! Waar en
hoe jy tyd maak vir dit en nog die familie blog weet ek nie, maar ons is
baie bly ons het so 'n oulike niggie!! Dankie vir al die lekker foto's en
vertel. Ons geniet dit!!

Anonymous said...

Thea dankie ek sien baie uit na hulle kuier.

RonelLE ek hoop ek sal darem so af en toe vir jou foto'tjie van jou kinders in Dubai ook kan wys en dat jy gou-gou kom kuier.

Anonymous said...

HEY SANDRA!!

MOET ASSEBLIEF NIE EERS DAAR AAN DINK OM OP TE HOU MET JOU BLOG NIE.!!

AS JY NIE BLOG NIE GAAN ONS WAT HIER IN DIE UAE BLY NIE WEET WAT OM TE DOEN NIE EN WAARNA OM TE GAAN KYK NIE, WANT JY IS AL 'N OU HAND EN TRAVELLER, HIER IN ONS MIDDE EN JYT DIE VERMOE OM DIE LEKKERSTE EN OULIKSTE PLEKKE UIT TE SNUFFEL EN VIR ONS ALMAL DAARVAN TE VERTEL.

SO JA, JY MOET NIE EERS DAARAAN DINK AS N OPSIE NIE, EN GLO MY DAAR IS BAIE WAT NIE KAN WAG OM JOU BLOG DIE OGGEND OOP TE MAAK SAAM HUL MAIL NIE,... SOOS ONS.

LEKKER KUIER MET DIE SEUNS,EN ONS SAL BIETJIE KUIER WANNEER HULLE KLAAR GEKUIER HET.

GROETE
SIEG,MARIETTE,CHRISTIAAN EN JACO.

Muriel said...

Hi Sandra, die laaste tyd het my siening oor hoekom ek blog verander.
Ek doen dit nou vir myself en vir my gesin. Ek het my sitplek in die blogwêreld gekry, gemaklik en uit volle bors sing ek nou. Geen pretensie, ek kan daar myself wees. As dinge my pla of gelukkig maak kan ek dit daar noem. Hoeveel keer in ons besige lewe, kry ons die kans om dit te doen? Ons is altyd besig om ander mense se lewens gelukkig, gesond en beter te maak. Dus my blog is my tyd wat ek aan myself afstaan. En eendag as ek nie meer hier is nie...kan my kinders my op my blogs lees en onthou......

Ek geniet jou blog vreeslik. Dis vir my heerlik om in Dubai se winkels rond te kuier. Dis lekker om te lees oor jou en jou geliefdes
Ons leer en deel mekaar se hartseer, vreugdes en lewens.

Groete
M

Anonymous said...

Hallo Mariett & kie
Dankie! Sien uit na die kuier met die seuns. Hulle sal meestal met MY wiele rondry so ons kan 'n kuier inwerk. Sien Jaco kuier weer ... miskien sal hy 'n keer saam met die jongmense wil kuier?

Anonymous said...

Muriel dankie ek geniet jou blog net so baie. Hoop jy voel beter na die griep