Wednesday, June 18

Sommer net

Die kinders is op die oomblik op 'n twee dag toer om vir Leane van die ander emirate soos Fuijerah, Ajman ens. te wys en hopelik sal ek 'n foto-terugvoering kry om te deel, maar die dag voor dit het ons net lekker in die winkels rondgehang terwyl ons gewag het dat hulle verlore bagasie afgelewer word. Ja, hulle het dit toe opgespoor in Johannesburg! Ontbyt by The Galler is heeltemal anders as iets soos 'n Wimpy en hulle moes dit net probeer. Mens kan hier allerhande interessante disse soos sjokolade sop, steak met sjokolade sous ens. ens. eet en dan het jy nog nie eers die "sjokolade-trip in die verlede" gemaak nie. Daarvan sal ek nog weer vertel. Die restaurant maak hulle eie sjokolade en dis duuuurrr maar dis lekker. Hier wys James vir Leane van die sjokolade terwyl ons vir die ontbyt wag. Natuurlik is die seuns glad nie happy met hul ma se foto-nemery nie, maar speel tog saam. Dit maak dit natuurlik moeilik om 'n regte foto te kry, maar verskaf baie pret. Op hierdie foto het William blykbaar 'n frustreerde uitdrukking en James lyk soos (dis nou hulle woorde) 'n "deer in headlights". Een van James se gunsteling fliekkarakters is die pikkewyn van Happy Feet en hier wys hy sy Pikkewyn pose. Ons kon die versoeking nie weerstaan om vir Leane langs die pikkewyn te sit om te sien wie die langste is nie. Sy maak dit net-net :-). By een van die winkels is hierdie ou butler pop wat heeltyd bewe. William het bietjie met hom gaan gesels. Na al die rondloop en genadiglik min klere inkopies het ons by die sondige Morelli's gaan roomys eet. William is teen hierdie tyd redelik gatvol vir die foto's en dis klaarblyklik 'n "blue steel" kyk. Die twee probeer besig lyk vir die foto maar ek dink nie dit werk nie. Kyk net hoe lekker lyk daai roomyse. Tussen die vier het hulle heelwat van die geure probeer. James deel sy kersie met Leane terwyl William en Nelmari op die eet konsentreer.


Die tasse het eindelik teen die aand opgedaag en alles was binne-in. Groot genade!

6 comments:

jackieo said...

Ai ek is so bly die tasse is gevind en als daarin. Ek's skoon jaloers op al die mooie winkels en eetplekke, maar ook maar goed Sandra ek is nie daar nie - ek eet meer as Leane!!!
Skat geniet die vakansie - mis jou baie, Mam

Anonymous said...

Altyd lekker om al die spesiale plekke met ons krose te deel maat. So bly vir jou vir die kuiertyd. Nie te lank voor my doggie hier is nie. Charmaine

Desire Fourie said...

Hello Sandra. Ek het vir jou 'n boodskappie op jou guestbook gelos. Ek sal dit waardeer as jy dalk vir my jou emailadres kon gegee het. Baie groete van 'n koel Gauteng in RSA. Desire Fourie

Desire Fourie said...

Hello Sandra. Ek het vir jou 'n boodskappie op jou guestbook gelos. Ek sal dit waardeer as jy dalk vir my jou emailadres kon gegee het. Baie groete van 'n koel Gauteng in RSA. Desire Fourie

Anonymous said...

Sue jy sal mos een van die dae self al die winkels kan besoek

Maat ek's baie bly vir jou jou dogter kom kuier

Desire goed om van jou te hoor. My epos adres is op die blog.

Muriel said...

Ek is bly julle het die tasse gekry. Die kinders het groot pret met al die etery ;)