Monday, June 23

Treurige weer

Die laaste paar dae is die weer regtig misluk. Mens kan nie die lug sien nie en om die waarheid te se kan mens ook nie die geboue sien nie. Alles is deinserig met tipiese "sand mis". Dit lyk soos mis, maar dit los 'n sandlaag orals. My blou motortjie is 'n effense bruin en natuurlik is dit nog warm. Vandag iewers in die 40, maar die lae sandwolke maak dit draaglik en niemand is lus om uit te gaan nie. Of die weer in die kinders getrek het week ek nie, maar hulle bly uit die malls uit en dis goed vir die beursie. Die tydjie word gebruik om die nuwe monopoly uit te toets. Dit word met 'n dvd gespeel. Jy is een van die karakters wat die storie uitspeel en die opdragte soos kans ens. word ook op die dvd gedoen. Jy kan huise, hotelle, casino's, hawes en parke bou en die boetes hang oa af van wat die grondwaarde is en watter geboue langs jou eiendom is. Baie tegnies en ek was sommer na rondte 10 bankrot. Hier konsentreer die kinders ernstig. Natuurlik gaan ons ook fliek en hier sit James en Leane op die massage stoele voordat die fliek begin. Die twee gaan ook bietjie langs die see by 19de Straat loop en hier kan julle sien hoe vuil en deinserig die lug is. Die see is egter vuurwarm en spieelglad. Hulle het net 'n klein eintjie gestap toe hulle iets in die water sien. En toe is dit uit op 'n skulpejag. Lekker by die see al is die sanderig!

5 comments:

Anonymous said...

Sjoe, dit lyk omtrent vir jou deinserig!! Jy meen mens eet sand as jy uit gaan, of hoe? :lol:

Muriel said...

Ons toets paaie in Libië, en hierdie sand mis is afgryslik!! Ons kan niks doen as dit so is nie. Dan praat ek nie eers van 'n sand storm nie. Die kameras hou dit nie!! Dit lyk lekker om te fliek in massage stoele. Ek kan myself net indink hoe lekker voel mens na so fliek.

Muriel said...

Het ek al gesê jy het mooi kinders!!!! :)

Anonymous said...

Thea ja monde vol :-)

Muriel dankie. Die Gold Class fliek is 'n ondervinding hulle sal jou self 'n kombersie bring as jy koud kry en met die lazy boy stoele kan mens maklik aan die slaap raak. Die eet en drinkgoed word ook in glas en borde bedien en jy kan enige tyd die klokkie lui vir diens. Lekkkkeerr man.

Muriel said...

Dit klink of hulle die mense in die fliek soos Royalty behandel...