Monday, June 23

Die weer klaar op

Ek dink die eksamen en studie moegheid is so stadig besig om te verdwyn, die sand is minder en die kinders lyk reg vir klompie dinge besoek. Natuurlik help die feit dat William eintlik sy bestuurslisensie hernu kon kry. Ek's nuuskierig om te weet hoe lank dit in SA sal neem, want vandag hy by die toonbank gekom het was dit so 20 min en hy het die nuwe kaartjie in sy handeMet Charmaine se dogter wat vandag gekom het en die seuns wat nou hier is, het ons besluit om bietjie by die Noodle House te gaan eet. Skuus vir die wat die opset ken, maar vir die ander ... op die tafel is die spyskaart/bestellingsboekie wat jy self merk wat jy wil eet. Dis soos om 'n IK toets te skryf want mens kan van die disse nie uitspreek nie, so 'n kombinasie van Thia, Chinese en Japanees. Hier is Eddie en William besig om te besluit watter disse hulle gaan bestel om te deel. Lyk asof Elriza gaan inval by haar ma se voorstelle. James en Leane het 'n moeiliker besluit en die stoom draai omtrent soos hulle besluite moet neem en die vormpie moet invul. Nelmari was al vantevore hier en sy weet presies wat sy wil he. (Ek ook nogals). Ons kos is gou daar en jinne (spesiaal vir jou James), toe daal 'n "vreetsame" stilte om die tafel. Charmaine proe 'n stukkie van Elriza se kos en dis "hot" en sy wil net die vlamme met die drinkgoed en springrolls blus. Elriza geniet jy die feit dat jou ma haar mond so brand? Natuurlik het ons die restaurant vertel dat die James en Elriza altwee verjaar en hulle kom met groot lawaai vir hulle sing en elkeen van hulle kry 'n lekker mango nagereg. James trek 'n Joey (van Friends) op ons en wil nie deel nie. Die oudste van die twee, met twee dae geniet haar mango met brandende kersie ook. Gelukkige verjaarsdag vandag Elriza. Ons wens jou 'n mooi jaar propvol blessings toe en mag al jou drome vanjaar waar word!

7 comments:

Muriel said...

Dit lyk lekker!

Geluk met julle verjaarsdae Elriza en James!!

Groete

Anonymous said...

Muriel slaap jy nie?

Anonymous said...

Ek stem, dit lyk regtig heerlik!

Ek is nou so effe deurmekaar met ons en julle tyd?! Lei ek reg af - is julle so 5 en 'n half uur voor ons Sandra?

Anyway, ek is m.a.w. te laat maar ek hoop James en Elriza het 'n wonderlike verjaarsdag gehad!

jackieo said...

Sandra en Eddie - baie geluk met James se verjaarsdag - en James - mag jy 'n wonderlike jaar he en net wat jou hart begeer (binne perke ne!!)

Anonymous said...

Thea ons is net twee uur verskil van SA. James en Elriza verjaar twee dae uit mekaar maar dis gewoonlik 'n drie/vier dag viering met klomp ontbyte en etes.

Sue ek sal vir James die binne perke boodskap oordra :-). Die man hou nou al partytjie maar verjaar eers Donderdag. Het iets special vir die twee gereel vir dan en sal moet sien of ons foto's daarvan kry.

Anonymous said...

Dankie vir die verjaarsdag wense, en ek het my verjaarsdag baie baie geniet! Liefde en groete, Riza

Muriel said...

Ha ha Sandra ek het laat gewerk wou net gou bietjie in Dubai gaan kuier voor ek slaap. he he