Saturday, June 21

Leane word losgelaat

In die afgelope tien jaar het ons besoekers gehad met verskillende belangstelling en behoeftes - daar was die wat met 'n shopping lys gekom het, die wat net wou kuier, die wat restaurante wou besoek, die wat die besienswaardighede wou sien, die wat mall crawling doen en hierdie keer 'n unieke eerste ....een wat die klippietjies van die land interessant vind. Ja glo dit as julle wil. Natuurlik het ons nou nie 'n wavrag berge hier nie en hoeveel klippe kan mens nou in 'n woestyn kry, maar sy is besig om nie te sleg te doen in haar soektog nie. Leane wat swot om eendag as sy groot is 'n geoloog te wees, was al die tweede aand met 'n besoek aan die Cornish by ons huis geinteresseerd in die klippe langs die water. Hier het sy oor die heining moes klim om te kyk. (O en daai stil "rivier" is deel van ons woeste see) James voor ons eie oase net om die draai. Oppad Fuijerah toe stop hulle by die Friday market waarvan ek ook al vertel het. Dis 'n deel van die land wat wel "berge" en klippe het en daar vat sy die pad. Hier skrop sy nog steeds in die grond rond, langs die groot pad en neem foto's van die klippe.By die hotel en kans om af te koel ... lyk dit nie lekker nie. Dis die hotel in Fuijerah se strandjie. Vir lekker vis langs die see is dit een van die beste plekke in die UAE. Ek praat van vis om te eet nie om te vang nie, alhoewel mens seker dit ook kan doen. Die hotel se binnehof met lekker tradisionele plekke om te sit. Hulle gaan besoek ook die Al Bidyah moskee teen die berg. Dit is die oudste moskee in die UAE waaroor ek ook al geblog het. Voor die moskee is daar nog 'n tradisionele waterput en bietjie woestyn groenigheid. Die twee stap op na die toring/fort agter die moskee. Kyk net al die groenigheid op die agtergrond, dis alles ou oases in wadi's. Mens moet darem ook 'n bietjie in die woestyn by die duine uitkom. Wat sal dit nou beteken seun? Is jy bly om terug te wees in die woestyn? In die hitte het Leane darem ook Bloemfontein se koue in gedagte gehou en hierdie uitrusting in Ajman probeer. In die lewe ... dat hulle sulke klere hier in die hitte verkoop.

4 comments:

jackieo said...

Ja nee kyk as ek ooit getwyfel het of Leane in murg en been 'n geoloog sal word twyfel ek nie meer nie! Go Girl!!!! Jinne maar dit lyk lekker daar - dankie julle vir al die bederf

Anonymous said...

Dis so 'n ander wêreld as hier by ons... Ek kan my verkyk!

Muriel said...

Ek stem Thea, ek is mal oor die plek. Terloops Sandra ek is ook mal oor klippe, is altyd besig om mooi klippe op die grond te soek. Die hotel se binnehof is divine!!! Ek is mal daaroor. Dis 'n pragtige foto van seun tussen die duine!! Dit lyk of hy die lewe embrace, dol gelukkig om in die oop vlaktes te wees!!

Anonymous said...

Sue lyk my sy wys ons hier is klippe!

Thea dit is 'n anderste plek en alhoewel SA vir my die mooiste en beste plek op aarde is, is my tydelike landjie net so spesiaal op 'n ander manier.

Hoekom klippe Muriel? Ek kan die maan en heelal en matte en ander goedjies verstaan :-). Ja die oudste is mal oor die dorp en hoop om volgende jaar hier te kom werk. Dis vir hom 'n groot verskil van Bloemfontein na Abu Dhabi.