Tuesday, June 10

Een van die mooi malls

Ek weet ek het al vir julle van die Madinat Jumeirah mall vertel, maar dis soooo mooi dat mens elke keer net weer foto's wil neem. Na die dolfyne het ons ietsie daar gaan eet - daar is 'n lekker SA restaurant Meat & Co. Dis gebou in die ou souk style. Nelmari en Charmaine loop in een van die gangetjies af. 'n Kleurvolle stalletjie met die mooiste ligte en sisha pype trek mens se aandag. Seker een van my gunsteling winkel want dis waar ek van my meubels wat ek eendag huis toe neem koop. Die Abu Dhabi tak natuurlik. Hierdie winkel is presies wat die naam se en hier kan mens darem allerhande mooi goetertjies kry. Ek het juis 'n paar oulike musiekinstrumente gesien wat ek nog nie het nie. Skimp-skimp. Met al die spieels is dit moeilik om 'n foto aan die binnekant te neem, maar hier loer Nelmari en Charmaine. Die gang waar daar nog matte is. Kyk net hierdie pragtige sy bloes .... ons het liewers nie die prys gevra nie. Nelmari loer na die silver armbande. Onthou jy hierdie winkel Annie? Nou kry Nelmari 'n les van die koop-pro oor al die blink goedjies. Hierdie een het mooi goed en ons vang dit net so met die oog. Dis regtig lekker om die mall so stil te vang. Hier is nog een van die gangetjies. Altesaam is hier 75 sulke winkels in die mall. Iets lekker gesond om te drink. Ek het hierdie binnehof (hier is 'n paar daarvan) nog nooit so stil en leeg gesien nie. Vanwee die hitte het die meeste stalletjies binne toe geskuif. In koeler tye is dit 'n miernes en ook 'n plek waar mense kan sisha sit en rook.

8 comments:

Anonymous said...

Ek kan my steeds verkyk aan al hierdie pragtige malls en die mooi goed wat daar te koop is! Dit lyk na 'n shoppers paradise!
Thea

Anonymous said...

Hier is baie bargains te kry as mens weet wat jy soek. Dubai is egter so bekend as shoppers paradise dat hulle al die pryse mooi opgestoot het. Abu Dhabi is nog bietjie agter met die prysverhogings maar ons hou dit stil anders oorval die shoppers die dorp.

Anonymous said...

Hey
Lyk my ek het gister gemis om die regte knoppie te druk. Hier gaaan ons weeeer!!
Ek het die plek darem herken voor jy gese het ek was daar. N plek waar ons NIE heen hoef te gaan nie.
Die binneplein is so verlate. Al die waentjies is weg
Annie

Muriel said...

Ek gaan nog mal word by hierdie blog van jou!!! Die Sisha pype, ag Sandra dit laat my net hier sit en staar na die foto's. Julle is so gelukkig om tussen al daardie mooi winkels te bly. Ek is sommer nou jaloers. Marina meubel winkel..

Dankie baie mooi!

Anonymous said...

Annie mens kan maar altyd WEER gaan jong. Al koop mens net met die oë. Ons is gelukkig om al hierdie amazing dinge te beleef. Charmaine

Anonymous said...

Annie dis nie noodwendig die winkels wat mens trek nie, partykeer is dit ook die restaurante :-)

Muriel het jy dan nie 'n sishapyp nie?

Ons is gelukkig dat ons nie altyd hoef te koop nie ne maat, ons kan net gaan kyk en kyk en kwyl

Anonymous said...

Ons het mos daar geeet het ons nie?
Net om te wys ek dink my brein werk nog al is hy oor 50!!
Annie

Anonymous said...

Jy onthou goed vir jou ouderdom Annie :-), ja ons het daar by die SA restaurant geeet!