Thursday, June 5

Die aftel begin

CustomGlitterGraphics.com - Myspace Glitter Graphics

Indien julle af en toe na die weer aan die regterkant loer sal julle sien dat dit ernstig begin spoed optel. Juis vandag in die koerant staan daar dat ons hierdie maand maklik 49 gereeld gaan haal ....en dit saam met die humiditeit is erg.

Amper erger is die skoolvakansies. Kyk verstaan my mooi dis lekker om Nelmari by die huis te he en ek's bly die seuns kom kuier, maar om vakansie te he vir 3 maande .... dis bietjie erg.

Terwyl ek die blog skryf is die vakansie reeds 18 ure aan die gang en alreeds word vrae soos kan ons, gaan ons, wat gaan ons ens. gevra.

Dink bietjie aan al die mammas in die skoolvakansie

Nog 85 dae om te gaan !!!

8 comments:

Anonymous said...

Jinne, hoe leef mens in daai hitte? Durban se bedompigheid is vir my al te erg in die somer. Hoe lank is julle al daar Sandra?

Anonymous said...

Vergeet ek om te vra... Is Mariette-hulle al terug van Turkeye af?

Anonymous said...

Hallo daar. Dis nou ons tiende jaar en mens is gewoond aan die hitte, maar kry nog warm!!

Mariette hulle is terug.

Wou daar by jou comment maar ekke mag nie ....

Anonymous said...

Hi Sandra
Jy kan hierheen vlug as jy wil en los die kinders om vir hulself te sorg!! Ek is n mooi een om te praat geen kind of vrae of besig hou meer nie. LANKAL nie meer nie!!Kan net die ding so sien kom dat ons meer winkelsentrums se binnekante hier sal sien en wat van die dolfyne wat nog ongesien is. Een dag minder!!! Lekker kuier met jou seuns.
Annie

Anonymous said...

Nou wonder ek hoekom kon jy nie 'n comment los nie? Wat was die boodskap wat jy gekry het, Sandra? Sover ek weet moet ek die eerste "comment" goedkeur voor hy kan verskyn, maar daar het niks deurgekom van jou af nie!?

Anonymous said...

Dit se vir my "must be logged in to leave a commit" en ek's by blogger en nie wordpress wat beteken ek kan nie.

Muriel said...

Nee asseblief hierdie hitte sal ek nie kan verduur nie. Hoe hou julle mense dit?

Anonymous said...

Mens hou dit nee, mens leer maar daarmee saamleef. Maar ons het darem AC's (as dit werk) wat alles lekker koud maak sodat jy self 'n warm dingetjie en sokkies kan aantrek en dan speel jy winter-winter