Friday, June 6

Dolfyne in Dubai

Eindelik kon ons die dolfyne gaan kyk en hierdie keer het ons sommer ook die regte pad gery. Dit was 'n ongelooflike ervaring en ek deel graag die foto's met julle. Alhoewel dit nie 'n mall was nie, het een van ons alweer die "shine" gevang, kyk bietjie. Vroeer en die tou by die hek is heelwat korter wat nogals help in die hitte. Charmaine en Nelmari stap na die kleurvolle dolphanarium toe. Daar is sitplek vir 1222 toeskouers wat in 'n halfmaan rondom 'n 26 meter swembad wat 5.5 diep is. Hierdie plek het tot dusver Dh205 miljoen gekos en sal uiteindelik 19000vkm van die Creek Park beslaan. Dankie tog vir online bespreking want tjoef-tjaf het ons die kaartjies. Julle ouens hier in die UAE onthou tog om nie sonder kaartjies te gaan nie. Terwyl die mense instroom vermaak die dolfyn en seeleeu die kinders. Daar is seker duisende foto's geneem. Ek wonder of die seeleeu onder die kostuum ook heeltyd so geglimlag het. En dan is dit tyd vir die dolfyne. Daar is 3 dolfyne wat van Turkeye is, en hier spring hulle oor die paal wat in die lug hang. Ons het reg voor gesit en nadat hierdie ouens so met die spoed van witwaks geswem het, was ons goed nat. Die seeleeus was baie oulik en hulle en die dolfyne het mekaar geniet. Kyk net hoe oulik speel hulle met die bal. Die seeleeus is van Russiese afkoms.Hierdie ou het met sy afrigter gedans terwyl die dolfyne hande, skuus vinne geklap het. Een van die dolfyne het ook 'n prent met sy/haar bek geskilder. Die eindproduk wat vir dhs500 (R1000) opgeveil is. Hierdie dolfyn doen 'n toertjie met een van die ringe en hierdie ou speel met 'n basketbal wat hulle in die net gaan gooi het. Ons kon kaartjies koop vir 'n prys. Elke ou het dan 'n bal met 'n nr gekry. Hier wys Charmaine baie trots dat sy kaartjie nr 1 en 'n goue bal gekry het. Die balle is dan in die water gegooi en die dolfyne kon die 3 wenners kies. En ouens raai wie was die wenner ..... ja die goue bal van kaartjie nr. 1!!! En die prys? Kyk die video .....





Saam met 'n mooi aandenking het die eerste plek wenner ook in 'n bootjie getrek deur die dolfyne gevaar. Kyk daai wuif ..... so asof sy baie belangrik is :-). Na die tyd het hulle ook vir haar 'n pragtige foto as aandenking gegee en julle moes gesien het hoeveel mense met haar kom praat het na die vertoning ... 'n regte celeb met 'n vriendin-ratzi wat foto's neem. Die einde en die dolfyne waai totsiens. Dit was regtig iets om te sien en ons het dit vreeslik geniet.

11 comments:

Anonymous said...

Ek sal moet kom kuier al is dit nou net om dolfyne te gaan kyk! Dit bly darem besonders al kom hulle nou ook van waar. Jy moet maar naby die vriendin van jou bly Sandra, dalk nooi sy jou eendag saam in die bootjie van wen!!
Dit sneeu hier by ons. Die bome is almanak mooi en die sneeu le nou amper so 5cm dik. Dit word nou net nag so ons sal nie meer die mooi more oggend kan sien nie. In die stad smelt dit te gou.
Annie

Anonymous said...

Haai Tannie, ja daar gaan my ma die see koninging met haar onderdane die dolfyne ;-D Dis baie oulik ek moes giggle toe ek die wuif sien. Dankie vir die video Tannie, Elriza

Anonymous said...

Baie mooi inskrywing!! Geluk Charmaine met jou "moment of fame"! Darem maar wonderlik hoe die diere allerhande toertjies kan aanleer!

Anonymous said...

Hi ouens... dit was tregtig wonderlik en ek kon nie glo ek is so gelukkig nie. Daardie diere...visse... is amazing en as hulle mens so deur die water trek, dan voel jy die krag in daardie pragtige glad lywe.. God se Skepping is so wonderlik.. Charmaine

Muriel said...

Hierdie was sooooo lekker inskrywing.


Geluk met jou prys Charmaine. Nou is jy 'n Celeb hier by ons!! Kyk daai "royalty hand wuif".

Dankie Sandra

Anonymous said...

Annie daar's baie goed wat jy nog nie gesien het nie. Daai koue weer klink baie lekker!!

Elriza jou ma was in die 7de hoenderhemel, sy het dit vreeslik geniet. Ons was geeerd om saam die "royalty" te loop met almal wat rondom haar saamgedrom het om die foto te sien.

Reisiger dit lyk sommer asof die diere hulle geniet en met 'n glimlag op die gesiggies swem.

Maat ek sal nou nie weet hoe dit voel om deur dolfyne getrek te word nie, maar ek stem saam Sy Skepping is wonderlik!

Muriel ek hoop sy hou daai wuif net vir die dolfyne en ons gaan nie van nou af so met haar moet loop as ons shop nie. Al die aandag is ook nie goed vir haar nie

Anonymous said...

Mooi werk, bly julle ouens kan dolfyne kyk terwyl ek karbomme moet dodge!
Geluk Charmaine, dit moes sekerlik groot sports gewees het.

Anonymous said...

Baie dankie ouens en dankie ons Groot Pa wat ons so bederf.. en beskerm. Ons is bly jy kon die karbomme dodge Eddie.. Ek belowe ek sal nie vir die mense in die mall waai nie. :-) Annie jy sal moet kom kuier en al vergaan ons hier van die hitte sien ek nie kans vir julle koue nie. Wat te erg is, is te erg. Ek sal volgende keer in die somer gaan kuier. Dis regtig die moeite werd om die dolfyne te kom kyk... vir almal wat die blog lees. En volgende keer koop ons die skildery... of hoe?? Dit was inderdaad groot sports! Charmaine

Muriel said...

he he Sandra ja, nee dit sal 'n vreeslike gedoente afgee, as julle met die "wuifende Royalty" in die winkels moet rond loop. Julle gaan nie veel geshop kry nie, almal sal met die vriendelike dame geselsies wil aanknoop. (wink wink)

Sandmensie said...

Queen CharLEmaine se moses!!! wow dit was stunning!!!
Vicky
...ja ja ek sal blog...net eers weer met almal se nuus opvang..
in elk geval maar stil en bietjie warm oppie plaas..

Anonymous said...

Muriel ja ons is die ouens wat met haar hier moet huishou in Abu Dhabi.

Vicky ek het niks gese oor die blog nie - maar ek's bly jy weet :-)