Sunday, June 29

Een van ons dorpie se sentrums

Toe ons klompie jare terug in Abu Dhabi aangekom het, was 'n winkelsentrum iets wat mens in Dubai kry. Ons het dan ook een keer 'n maand die koelbokse gelaai en die hobbelpad (wat nou 'n agt baan snelweg is) gevat om kruidenier en vleis te gaan koop. Niks vulstasies langs die pad soos nou nie en met kleiner kinders was die "woestyn ultra-city" 'n groot probleem, net sulke gat in die grond toilette. Nou is Dubai se winkelsentrums nog meer indrukwekkend en groot en ek blog en vertel graag daarvan, maar ons ou dorpie Abu Dhabi wat die hoofstad van die Emirate is, het self nou 'n paar winkelsentrums wat glad nie terugstaan vir Dubai nie. Om die waarheid te se ons verkies die rustigheid van ons winkelsentrums bo die besigwees van Dubai s'n.

Een van die winkelsentrums is die Abu Dhabi Mall. Hierdie sentrum het in April 2001 oopgemaak en het behalwe 8 rolprentteaters, 'n speelarea vir die kinders, 'n kegelbalbaan, 40 restaurante van verskillende lande (waaronder ons eie Mugg & Bean) ook 220 winkels en vorm dit ook deel van 'n groot hotelkompleks waar nog restaurante ens. is.


Die kinders het 'n bietjie daar gaan rondloop op soek na "broodnodige" klere, (het hulle ooit klere nie nodig nie?) En as hulle rondloop is dit al drie vlakke glo my.


Hier is die meisies besig om skoene aan te pas in 'n favorite van hulle Vero Mode. Dis nog lekker stil en ons het amper die mall vir onsself. Hulle drie verdwyn gou-gou in die aantrekkamers van een van die winkels, maar loer vinnig toe ek roep...


Duidelik kan mens sien wie hoef nie te loer nie, sy kan sommer bo-oor kyk. Mammas herken julle jul dogters?!

Die winkel begin besiger raak en nog steeds loop ons rond. Die meisies kyk ernstig na die specials ....

Elkeen besig met sy eie soektog. Voor regs die shop-boffen se dogter wat haar ma 'n go kan gee, en links 'n toekomste Dubai-shopper se dogter. In die middel staan die shopper!


Hier is darem nie net klere winkels nie, maar ook juweliers, skoene, rekenaars, fone, huisware en klomp meubelplekke waar onder andere my gunsteling Marina en The One. Hierdie een het egter die beste foto gemaak.

Hier is die klompie in die Beach Rotana foyer afgeneem net na ete ... (ja mens moet mos eet ook)

3 comments:

jackieo said...

Sjoe Sandra - lyk my Leane kry nou omtrent goeie ondervinding met al die "shop" - sal moet 'n paar lesse by haar kry voordat ek soontoe gaan. Maak goeie notas Leane!!

Muriel said...

Ag feeste, ek voel sommer 'n lus in my opbruis vir shopping. ;)

Anonymous said...

Sue jou dogter kyk eers alles mooi uit met die shopping.

Muriel een van die dae voel ek oor die shop soos oor die uiteet