Daar is die afgelope twee dae so 'n bietjie despuut oor - is sekere mense shoppers of nie en ek het gedink dit sal goed wees om vir julle te wys hoe professionele shoppers dit doen :-). Amelia en Corine was nog nooit by die Blou souk in Sharjah nie en ons durf die Dubai/Sharjah verkeer aan om vir hulle te gaan wys.
Die souk is nog stil en ons begin aan die parfuum en goud kant en die dames is baie versigtig met die hele koopstorie. Amelia het egter 'n ekstra sak of twee gebring vir net ingeval.
Sy is ook die een wat eerste stop en mooi goetertjies raaksien. Binne twee uur later was sy dan ook die trotse eienaar van 'n mooi blinkdingetjie.
Charmaine kan nie verby 'n mooi lappie loop nie, (ja ek weet jy ook Annie) of hulle nou 70 of 700 dirham kos. Die winkeleienaar sien ons ver kom en ons word gewys hoe "suiwer" dit is, dit kan selfs deur 'n ring getrek kan word en hierdie vriendin van my word mos baie gou oorreed om iets te koop want sy hou nie daarvan om mense se "gevoelens" seer te maak en nee te se nie.
Corine is die "nuwe" een by die shoppers en sy laat haar gou in die winkels inlei. Hier kyk hulle na geskenkies vir die vakansie huistoe in Julie.
Maar kom kyk nou by 'n ekspert .... sien jy pak alles so uit op die grond en dan kyk jy wat jy nodig het vertel Charmaine.
En sien hoe gou kry Corine dit reg ... uitgevang!!
Eintlik was ons oppad na die "ladies" toe en hierdie winkels het net voor ons ingespring. Ons kommer oor hoe skoon dit gaan wees maar die "handicapped toliet" is presies wat dit se, jy kan dit bykans nie gebruik nie so handicapped is dit.
Dan is dit tyd vir ietsie om te drink want dis warrrmmmmm. Ons wag vir 'n "vrugte poustert" wat in hierdie land baie lekker is.
Weer terug na die moeilike taak van shop. Watter mat sal dit wees? Die arme man gooi al die matte uit sodat hulle kan kies en ja daar word toe wel 'n ou matjie gekoop. Die dhs25000 een sal miskien nog eendag gekoop word.
Die souk begin nou besig word en dis net so 'n gewilde inkopie plek vir die swart rokke. Maar laat ek vertel dat dit ook by SAfrikaners wat hier bly of kuier gewild is want die winkeleienaars gooi maklik 'n "baie mooi" en "pragtig" tussen sy engels deur.
Die pakkies begin ook nou meer word en mens troos jouself dat dit 'n bargain is en mens baie geskenkies vir huistoegaan gekoop het.
Amelia sien 'n rok waarvan sy hou in die materiaal plek en besluit om ander dag as sy gespaar het van die materiaal te kom koop. Teen eenuur is ons verplig om die Blou souk totsiens te se want hulle maak toe vir 'n middagslapie.
Corine was nog glad nie by enige mall in Dubai nie en ons besluit om vinnig by IBN Battuta te stop (ek het al heelwat oor hierdie mall geblog). Maar die dames is m-o-e-g en besluit om nie deur die mall te stap nie, maar die karretjie te ry. Hier wag hulle by die stasie in die China vleuel. Hulle lyk lekker moeg ne.
By Egipte groep Amelia, sy het nou genoeg gehad. Nog 'n baie suksesvolle inkopietog ....
Showing posts with label Corine. Show all posts
Showing posts with label Corine. Show all posts
Tuesday, June 3
Thursday, May 15
Indiese kos
Sondagaand het ons vrouens gaan uiteet by die Indigo restaurant. Dis 'n Indiese restaurant en daar was lekker en interessante kosse op die spyskaart. Die vroue is teen hierdie tyd al ernstig siek vir al my fotonemery, maar hier is 'n paar interessantes. (Nelmari veral vir jou)aar
Maat jy hoef nie jou kop te krap nie, dis brood .... en nogals lekker brood. Mens begin met bietjie en dan maak mens dit geleidelik meer en sit nog naan by.
Nelmari lyk asof sy nie meer kan wag vir haar kos nie, dis verby haar slaaptyd.
Subscribe to:
Posts (Atom)