Thursday, July 5

Ons swem weer 'n bietjie

Ons het so bietjie by die Al Raha Hotel gaan afkoel. Dis so vyftien minute uit die dorp as ma haar aanwysings reg het, anders ry mens vier keer verby die hotel voordat jy 'n pad kry wat soontoe gaan. (Verskoning - hulle is darem besig met verbouings in die omgewing)



Elriza en Nelmari wag vir hulle sap terwyl William 'n bietjie tyd in die gym spandeer.
Die kinders hou regtig daarvan om "rond te hang"

Nelmari volg William se voorbeeld.
Dit lyk asof hulle iets in die water soek.
Tyd vir bietjie sonbrandmiddel in die gesig dis warm!
Ai tog, hier neem sy alweer foto's


Al Raha is 'n baie lekker plek om te swem want die swembad en strand is doodstil en weg van die klomp mense wat die ander strande in die dorp volpak. Die swembad se water is net effens afgekoel en die 24 grade is 'n heel lekker "afkoel" en nie so warm soos die seewater nie.

















2 comments:

Anonymous said...

Daai swembad is nog steeds warmer as wat Bloem nou is!!! Ons slaan ni eers 20 nie.

Anonymous said...

Ouboet, let asseblief daarop dat jou ou vader nooit op die fotos is nie.......hy is altyd besig om erens te woel en werk. Vandat die ou bootjie (Spuitpoep II) verkoop is kom ek glad nie meer naby die water nie, nie dat ek ooit baie daar gekom het met die boot nie!