Showing posts with label Al Raha Hotel. Show all posts
Showing posts with label Al Raha Hotel. Show all posts

Tuesday, September 4

Lekker pret in die water by Al Raha

Net so voor die vakansie verby is, moes ons weer by Al Raha 'n draai gaan maak en hierdie keer neem ons vir klein Emily saam. Hulle het die oulikste speelplek in die water vir die kleintjies en al manier hoe ons daarin kan kom, is 'n kleintjie as kaartjie :-).

Dis effens diep vir Emily, maar Nelmari maak haar versigtig gewoond aan die diepte. Die water is darem lekker lou warm.

Nou probeer ons die glybaan in die water en Nelmari hou haar nog vas.

Die twee stap na die vlakker kant. Dis 'n oulike speelplek ne?

Ons gaan weer die glybaan probeer en Emily lyk bietjie ernstig

Maar nie vir lank nie, sy begin dit geniet!!

Sy wil sommer self opklim

En gly dan alleen af. Dis 'n vreeslike veilige glybaan met sulke hoekies waar die kleintjies eers kan stop voor hulle verder gaan. Dit laat hulle voel hulle is in beheer van die gly.

Met al die nuwe selfvertroue klim sy in die tonnels

Hier maak sy en Nelmari gereed om in die tonnel af te gly
Sy klim nou ook self in en uit die swembad

Kyk hoe drup die water van my voete af ....

Brrrr nou is my hele gesig lekker nat en ek sit plat in die water


Kyk hoe maak ek my gesig nat


Selfvertroue meer by die minuut

Laat bietjie vir my weet watter van die twee video's laai die maklikste af om te kyk.

























Thursday, July 5

Ons swem weer 'n bietjie

Ons het so bietjie by die Al Raha Hotel gaan afkoel. Dis so vyftien minute uit die dorp as ma haar aanwysings reg het, anders ry mens vier keer verby die hotel voordat jy 'n pad kry wat soontoe gaan. (Verskoning - hulle is darem besig met verbouings in die omgewing)



Elriza en Nelmari wag vir hulle sap terwyl William 'n bietjie tyd in die gym spandeer.
Die kinders hou regtig daarvan om "rond te hang"

Nelmari volg William se voorbeeld.
Dit lyk asof hulle iets in die water soek.
Tyd vir bietjie sonbrandmiddel in die gesig dis warm!
Ai tog, hier neem sy alweer foto's


Al Raha is 'n baie lekker plek om te swem want die swembad en strand is doodstil en weg van die klomp mense wat die ander strande in die dorp volpak. Die swembad se water is net effens afgekoel en die 24 grade is 'n heel lekker "afkoel" en nie so warm soos die seewater nie.