Showing posts with label Brauhaus. Show all posts
Showing posts with label Brauhaus. Show all posts

Saturday, December 1

Ons kuier

Vandag was weer een van daardie lekker herfs/winter dae waar die temperatuur net so by die 28 grade gedraai het. Dis regtig 'n plesier om nou buite te stap of selfs buite te sit en kuier - iets wat mens nooit in die somer sal waag nie.



Die seuns was gou-gou weer honger na hulle baie vroee ontbyt en eenparig op die Brauhaus vir hulle eerste vakansie ete besluit. Mensig ek dink regtig dat daar nie so baie kos in die koskaste en yskas in Bloemfontein was nie, die manne het omtrent 'n eetlus! Hierdie is die uitsig van die restaurant waar ons buite gesit het.



Die manne lyk ernstig terwyl hulle eet en het elkeen 'n hele paar borde van die Duitse buffet kon eet. En na drie borde sê William ernstig "Ek kan nie meer so baie eet nie, my maag het gekrimp" . Ek vermoed die restaurant was bly dat sy maag wel gekrimp is.


Oooooohhh dis lekker om weer al hierdie vleis te eet sê James terwyl hy 'n bord vol vleis eet.
Ek geniet dit net so wys William. Hy het darem 'n bietjie salmon in plaas van baie vleis geeet.


Hulle is nog net een dag by die huis, maar al klaar kan ek sien dat daar ernstig opgevang gaan word met die etery.

Saturday, June 16

Tafelberg & vark in Abu Dhabi

Julle wat weet van die UAE en die Moslems sal weet dat vark hier heeltemal taboe is. Selfs in die kinders se skoolboeke mag hulle nie van varke lees nie. Een jaar moes ons 'n baie oulike boek vir die pre-school se varkies rokkies en hoede teken sodat die kindertjies nie kon sien dit is varkies nie. Ons wou die boeke gebruik omdat dit 'n baie goeie "spelboek" was.



Maar gelukkig is daar 'n Duitse restaurant in die dorp, die Brauhaus waar mens heerlike schnitzels, eisbein en sulke goed kan eet. (Daar is ook twee supermarkte waar mens vark produkte kan koop - hulle is heeltemal apart van die winkel met 'n groot bordjie wat sê "Geen Moslems word toegelaat - vark produkte".) Hier is William besig om na die Brauhaus se nuwe spyskaart te kyk en wat sal ons sien?Tafelberg op die voorkant van die spyskaart - Hoekom? Geen idee nie en ons weet dis ons berg want waar anders kry jy daai mooi prentjie?
Nelmari moet besluit watter broodjie sy wil hê.
William het gegaan vir hulle vleisbord met klompe soorte varkvleis op.
Eddie eet van die Duitse buffet.
James hierdie is jou vraag .... wat drink William hier?
Maaaaaaaa..................... is dit nodig om 'n foto te neem waar ek hap???
Alhoewel dit nie my gunsteling restaurant is nie (maar ek geniet hulle kos) is dit Eddie s'n en miskien is die bier die rede, het ons almal 'n lekker ete gehad.