Showing posts with label kersfees2007. Show all posts
Showing posts with label kersfees2007. Show all posts

Friday, December 28

'n Les in geskenke oopmaak

Is dit nie lekker om vir kinders geskenkies te gee nie? Hulle vat gewoonlik die geskenk en skeur dit oop dat jy papiere orals sien spat. Hulle WIL so gou as moontlik by die present uitkom ...en geen papier en/of linte sal in hulle pad staan nie. Hierdie Kersfees het ek gesien dat dit ook anders kan werk ... 'n kleintjie wat 'n present soooo stadig oopmaak, dat die volwassenes later wil inspring en die papier skeur! Emily was ou Kersaand by ons terwyl ons na die Nativity fliek gekyk het en voor huistoegaan tyd wou ons graag hê sy moes haar geskenk van ons af oopmaak
Groot meisies en sy dra self haar geskenkie om dit oop te maak
Eers moet die lint en strik af
Dit geskied hiper stadig. Nadat sy eintlik die lint af het, gaan hang sy dit eers om haar mamma se nek.

Die cellotape sit vas aan haar vingertjie en nou word dit eers bestudeer. Gee vir my sê Marina

Terug present toe ... waar sal ek begin skeur

Die puntjie is nou oop


Skeur nou hier Emily wys haar mamma
Nou is sy darem al op twee hande wat skeur
Amper heeltemal oop
Teen hierdie stadium was ons al op die punte van die banke, reg om te help skeur. Maar eintlik is dit klaar en kan sy die boks oopmaak ......Kan julle raai wat was binne-in? Laat weet! Indien nie, die inhoud is 'n storie heeltemal op sy eie......


Wednesday, December 26

Eet, eet en nogmals eet

Ek dink julle almal weet waarvan ek praat as ek sê mens kan jouself nogal in 'n toestand eet tydens al die groot dae en feesvieringe. Ons het reeds met verlede week terwyl Annie en Corli hier was begin. As 'n laaste kuier/eet voor hulle vlug het ons gaan Friday Brunch by die Rotana hotel. Mense julle moet weet dat mens daar nogal kan eet totdat jy lam is.

Hier is 'n deel van die buffet. Al die restaurante in die hotel (en daar is nogal baie) pak kos uit en dan ipv jou doodeet by een restaurant, doen jy dit verskeie kere by al die restaurante.
Nelmari en Corli weet nie waar om te begin nie. Agter Corli is die nagereg buffet en iets wat mens nie kan mis nie.
Die twee durf die seekos buffet aan
Die weer is heerlik en ons kan buite sit en eet
Die volgende rondte en nou probeer hulle bietjie tradisioinele kosse
Water is gesond Annie!!
Die Mexikaanse kos word ook probeer
Almal verkeer vreetsaam
Nagereg word ook 'n viergang maal
Vrugte en water ....gesondheid!
So bietjie sjokolade en ander lekker goed ook
En roomys!!!
Nou ja toe Kersfees aanbreek is die buffet weer ons Kersete. (Mens moet nogal lank voor die tyd reeds bespreek) Die kosse is bykans dieselfde maar aan die groep wat optree kan mens sien dis nie ons gewone Buffet nie ---- dis Kersfees!
Die nagereg buffet is ook in 'n feestelik versier. Sjokolade in die vorm van kersbome en kersvaders ens. Sjoe die versoeking, wat vat mens en wat nie?
Oeps uitgevang ....Charmaine en haar seun Niel wat nou hier kuier
Van die hotel personeel sing kersliedjies terwyl hulle tussen die tafels deurstap.

Tuesday, December 25

Geseende Kersfees

AAN AL ONS FAMILIE, VRIENDE EN BLOG LESERS
'N GESEENDE CHRISTUSFEES ~

ONS HOOP DAT JULLE 'N WONDERLIKE

DAG SAAM MET JULLE FAMILIE EN VRIENDE HET.

LIEFDE

DIE HOLLOWAYS

Monday, December 24

Internasionale Kerssangaand

Vanjaar het ons kerk, Evangelical Community Church, weer sy gebruiklike Internasionale Kerssangaand gehou. Past Cam sê dis die 18de jaar wat dit gehou word. Ek het 10 daarvan bygewoon (hy dit nie gesê nie, ek sê dit). Daar is omtrent 44 nasionaliteite in die kerk en almal wat wil kan 'n Kersliedjie in sy taal kom sing tydens die aand. Sewentien lande het deelgeneem.

Die groepie van Banduria begin die aand met 'n instrumentele item.
Korea is volgende. Hulle het hul tradisionele klere aan.

Hier sing 'n groep manne van Indonesia
Ses lande in Latyn Amerika word ook verteenwoordig

Die kerk het ook Kanadese en hier sing hulle hul liedjie
Suid-Afrika!!! Hier sing ons
'n Groep Chinese sing in hulle taal
Die land Indie word ook verteenwoordig in hulle tradisionele klere
Tussen-in sing die res van die gemeente ook Kersliedjies. Hier is van die SAfrikaners. Kyk ons het mooi hempies gedra in die vlagkleure met 'n vlaggie op.
Seker een van die gewildste Kersliedjies in ons gemeente is Come on, Ring Those Bells. Dan moet almal klokkies of sleutels lui. Annie gebruik sommer haar armband.

Die jongklomp geniet ook die liedjie
Kyk die Internasionale gemeente .... almal lui klokkies
Nou wat sal dit wees :-) .... baklei hulle oor 'n klokkie?
'n Groepie van ons Amerikaanse lede sing hulle liedjie

Die koor van die Filipyne sluit die aand se items af.

Daarna sluit ons gemeente af met die sing van Stille Nag. Nadat ons dit een keer deurgesing het, in tradisie, sing ons dit weer ....elke ou in sy moedertaal.

Tuesday, December 4

Kersprogram by die Afrikaanse Kerk

Mens weet die einde van die jaar is op jou as die Kersprogramme begin. Verlede Vrydag (ons Sondag hier) het die Afrikaanse kerk hulle Kerssangaand gehou en ons kindergroep was deel van die verrigtinge.

Ek en Charmaine het stukkies voorgelees en die kinders het die adventkerse van hoop, liefde, vrede en vreugde aangesteek. Ds Gert het die "diens" gedeelte gedoen en die gemeente het al die feesliedjies tussen-in gesing.

Die Abu Dhabi deel van die gemeente is nog nie so groot nie, maar getalle moet nie saak maak nie. Hier sluit ons af met Stille Nag. Altyd spesiaal om dit te sing, en meer in 'n vreemde land as mens dit in Afrikaans kan sing.

Gaan loer bietjie by

http://adkindergroep.blogspot.com/2007_11_01_archive.html

en kyk die storie van die sangdiens. (As jy op die link kliek sal jy direk by die storie uitkom.)