Showing posts with label Corinna. Show all posts
Showing posts with label Corinna. Show all posts

Monday, November 19

Ons vroue kyk dvd

Ek's 'n groot "fan" van Francine Rivers se boeke .... om die waarheid te sĂȘ ek's so 'n groot een dat ek elke liewe een van haar boeke het (behalwe die heelnuutste wat so pas op die mark gekom het). So ek was baie opgewonde toe hulle 'n rolprent van een van haar boeke "Sin Eater" gemaak het. Van ons vroue het gisteraand die dvd daarvan gekyk.



Die rolprent is beslis aan te beveel, veral as jy alreeds die boek gelees het. Dit word uitgegee deur Fox Faith Movies wat 'n filiaal van Fox Movies is en is verseker makliker enige plek elders verkrygbaar as hier in die Midde Ooste.

Saam met die dvd kyk het ons ook gepizza. (Ons het mooi skoongemaak agterna maat). Hier konsentreer Corinna en Elize op die storie. Ek sal myself maar daarvan weerhou om die storie te verklap vir die ouens wat nog die boek wil lees en fliek wil kyk .... en ek hoop dis almal van julle. Vir ons in die groep het dit baie mooi aangepas by die studie waarmee ons tans besig is.
Wat sal agter daardie donkerbrille aangaan dink julle? Die drie lyk baie ernstig en die pizza in die bord lyk amper vergete. Wys jou net die fliek is so spanningsvol dat selfs Heleen doodstil sit ....... :-)

Monday, October 1

Olke bolke ....

Die vrouens wil bietjie handwerk en Elise bied aan om vir ons te leer. Sy noem allerhande opsies en ek bly maar stil, laat die jonger mense besluit wat en hoe .... Eintlik besluit hulle op sakke vir die groep waarop ons servette gaan stryk. Ok nou onmiddelik het ek 'n prentjie in my kop en vir geen oomblik kan ek dink dat dit "kuns" en "handwerk" is om 'n servet op 'n sak te stryk nie. Gisteraand daag ons toe by haar op vir die "klas", ek met 'n groot vraagteken in my kop.



Elise het alles mooi uitgepak en sy verduidelik wat elke ding is en wat ons daarmee gaan maak.


Ons moet vir ons 'n servet uitsoek om op die sak te sit. Jinne en het sy 'n verskeidenheid. Amelia en Charmaine het vreeslik gewonder watter een om te kies.

Nelmari en Corinna redelik seker wat hulle wil doen al het Corinna ons "getreat" met 'n sangnommertjie

Die prentjie moet aan die gom vasgestryk word en Elise verduidelik vir Amelia
Iets wat ek nie elke dag sien nie, Nelmarie met 'n yster (ons het 'n strykman wat ons klere stryk). Hier stryk sy haar prentjie vas.

Sy werk aan haar prentjie se raam.

Orals ewe ver van mekaar af verf Amelia haar raampies en sy is doodstil.
Corinna ook hardbesig met haar raam.
Ek werk darem tussen-in aan my prentjie ook terwyl ek foto's neem
Charmaine konsentreer hard met die ligblou verf
Hier is haar eindproduk, muise om die teetafel
Myne kom ook klaar....bont koeie
Corinna se rustige klassieke werk
Nelmari se vrolike feetjies
Amelia se kleurvolle blom
Met ons sakke reg vir shopping .... of is dit rugby wat nou-nou begin?

Dankie Elise ons het dit almal verskriklik baie geniet. Ek dink elkeen se sak vertel sy eie storie en ons wag om volgende Sondag jou beertjiesak te sien! Die vrouens wat vanaand nie kon kom nie, julle het ernstig uitgemis.