Saturday, April 7

Red Bull Lugvertoning - Deel 1

Gister was weer tyd vir die jaarlikse Red Bull Lugvertoning op die Abu Dhabi Cornish. Vroeg al het almal begin plek soek vir die vertoning want g'n mens kan beweeg of plek kry as dit begin nie. Hier kom William en Nelmari op die strand aangestap.
Die mense het behoorlik uitgespan en klein tentjies, tafels en stoele vir piekniek was orals opgeslaan ... reg vir die vertoning
Die helikopter vlieg die roete om vir die mense te wys. Kyk hoe mooi kleur is ons see vandag met die mall op die agtergrond (Marie neem kennis!). Mens moes of lank voor die vertoning by die mall wees anders kon jy glad nie daar kom nie.
Hier is van die skare langs die see. Daar was ook 'n groot TV skerm om die vertonings van naby te volg.
Nelmari is nie so geinteresseer nie en lees terwyl sy vir die vertoning wag. William hou die wêreld deur sy sonbril dop.
Nog 'n deel van die skare. Op agtergrond van Abu Dhabi se hoe geboue.Dis amper somer en die hitte begin optel. Sonder lugversorging op die strand is dit al manier wat mens kan afkoel

Later in die dag stuur ek foto's van die vliegtuie in aksie vir die van julle wat daarvan hou om na kunsvlieg te kyk.

1 comment:

Anonymous said...

Sjoe, dit lyk hheeeerrrlliikkkkk. Dit sal ek nogal geniet!!!
LalieXX