Monday, April 30

Pizza en Potatoes

Gisteraand het ons omgeegroep nog 'n boekie afgesluit met 'n lekker fliek en pizza aand. Ons het die rolprent "Faith like Potatoes", 'n ware verhaal van Angus Buchan geredigeer deur Regard vd Berg gekyk en dis 'n fliek wat ek regtig sal aanbeveel.
Ons het dit op die muur gegooi om dit lekker groot te kan kyk. Was ook lekker om saam met die storie, mooi SA tonele te sien en van ons mense se "Afrikaanse Engels" te hoor.
Tussen-in is daar pizza geeet. Louis ons het spesiaal chicken fajitas gehad vir jou......!! Sharyn en Ewert het nie elkeen hulle eie pizza gehad nie, hulle het mooi gedeel.
Die storie is so waar en was 'n goeie les. Ons moet geloof soos aartapels hĂȘ want ons kan nie altyd sien wat is die eindresultaat nie, ons moet net glo en vertrou dat dit gaan goed uitwerk. Nie noodwendig soos wat ons wil nie, maar Vader se wil wat baie beter is!! Dankie ouens dit was lekker. Sterkte vir die volgende paar weke met die nuwe groep uitdagings. Onthou ons gaan vereers nie Ellispark vul nie, slegs ons sitkamers.

No comments: