Tuesday, April 3

Ons verjaar nog

Ons verjaar nog steeds. Gisteraand het ons toe by 'n restaurant van die verjaarsdagmeisie se keuse gaan eet. Ongelukkig nie Rodeo Grill of Brauhaus nie maar wel Fuddruckers. Die restaurant is bekend vir sy GROOT hamburgers. Jy kan 'n patty van 1/3, 1/2, 3/4 of 1 pond bestel. Nelmari het dit rustig geneem en 'n "The Works" 1/2pounder (1/4 kg) bestel. So lyk dit ....

Dit smaak baie lekker sĂȘ sy.

Na ete het hulle vir haar 'n groot brownie met roomys gebring en vir haar gesing. Gelukkig was dit genoeg en het ons nie nog nodig gehad om by die roomys winkel te stop nie.

(Vir nog foto's van die verjaarsdag kliek op "Photo Gallery" op regterkant en dan op Nelmari word 14. Ek hoop om later nog ander foto's ook op die album te sit)

No comments: