Tuesday, April 10

Kom stap saam ...

Ek het julle nou al 'n paar keer saam met my langs die Cornish laat stap ek weet. Maar nadat die nuwe Cornish klaar is wou ek self al baie keer aan die nie-seekant stap om te kyk was daar is en gister was so 'n geleentheid. Ek weet baie van die goed is nie "uniek" nie en julle het dit ook daar waar julle bly, maar die hele idee is mos ook om julle bietjie van Abu Dhabi te wys. Die lente begin nou spoed optel en as julle hierdie beriggie in die middag lees, sal julle sien dat die hitte taamlik diep in die 30 begin raak. (Soos ek nou skryf, 5 uur in die middag is dit nog steeds 36) En die somer lĂȘ nog voor ..... Maar dis ook die beste tyd om te stap voordat mens net van aircon na aircon loop.
Hierdie deel van die Cornish is spesiaal vir die kinders. Hier woon baie kinders in woonstelle en het hulle nie die bederf van 'n tuin nie, nie dat mens in die somer 'n tuin regtig gebruik nie - alles brand dood. Maar die stadsbeplanners van Abu Dhabi het vir die kinders 'n pragtige speelplek ingerig voor die hoe geboue. In party lande sou die "prime" land vir besighede gebruik word. Hierdie eerste foto is 'n tipiese entrepeneur. Hy het sy fiets gelaai met skyfies, koeldrank en vlieers en maak goed geld uit die kinders wat kom speel


Baie van die plekke wat ons gesien het, was ons nie seker wat dit is nie, so ons moes maar raai. Hier is 'n water ding met gangetjies ens. Te vlak om te swem. Ons het wel oppad terug kinders met fietse daarin sien hindernis ry maar ek wil dink dis nie waarvoor dit is nie.


'n Paar van hierdie bote is langs die twee km of meer stuk wat vir die kinders ingerig is. Lekker klim en klouter en wat dit nog lekkerder maak vir die kleintjies is dat niemand bo 8 toegelaat word nie.

Maar die ouer kinders word nie afgeskeep nie. Vir hulle is daar 'n basketbal baan om bietjie te speel en oefen.
En vir die grooter waaghalse 'n "skaatsbord" baan met 'n hele klomp hindernisse. Sal nog kom foto's hier neem as William besig is - hy's nie te sleg hiermee nie. Ek voel baie beter dat die kinders nie in die straat skaats nie maar op 'n veilige plek.

Vir die jonger waaghalse is daar 'n klimmuur en slegs as jy 0nder 8 is.
Ok hierdie kan 'n vasvraag wees ... wat is dit? Geen idee nie maar die water lyk baie lekker in die hitte. Miskien is dit 'n plek waar die kinders kan voete was of iets ... ek weet nie sal moet uitvind.
Nog 'n indrukwekkende fontein wat ek nie heeltemal op die foto kan inkry nie. Mens kan hom met 'n bruggie bereik. Binne-in is daar plek vir 'n moontlik kafee, maar dit staan nog tans leeg.
Die fontein van die kant af. Die silwer pype is almal waterfonteine waaruit die water stort. Teen hierdie tyd was ons al lekker warm gestap en sou 'n kafee hier goed aftrek gekry het.
Net so 'n entjie verder is hierdie fontein wat baie mooi is.
Op pad terug stap ons verby een van die nuwe geboue langs die Cornish. Mooi ne? Daar is nog 'n mooi stukkie van die deel wat ek graag met julle wil deel maar ek pos dit more dat dit nie te lank raak nie.
Dankie vir die saamstap, wens julle was regtig hier om saam te kan stap.






No comments: