Monday, April 30

Vergeet die PROTEAS, check ons LEEUS!!!

Die skool se Sport toekennings is gister gehou en ja ouens ons krieketspan kan dalkies nie internastionaal presteer nie, maar ons Leeutjies hier in die UAE kan. Hulle het onder andere vanjaar in Kuwait, Egipte, Doha en Oman ook gaan deelneem. Verdra asb my bietjie spog.Van die 7 Sportvroue van die jaar (elke graad vanaf graad 7) is DRIE van hulle deur Suid-Afrikaners gewen. Jessica van der Walt Graad 7, Nelmari Graad 8 en Almari van der Merwe Graad 12.
Hier is nog van ons meisies met medaljes wat hulle gewen het in hulle onderskeie sportsoorte. Nie sleg nie ...ek dink SA weet nie wat hulle mis nie.

Ons vier SA medalje wenners by die seuns, v.l.n.r Evan Carstens, William, Moopolea en Wynand vd Walt.

Die sportseuns van die jaar in elke graad v.l.n.r. graad 12 - 7 met regvoor op sy hurke die Sportman van die Jaar 2006/2007 - William Holloway!!!!!!

Nelmari se hoop medaljes en sertifikate. Altesaam 9 van hulle

Met haar twee medaljes!! Ons is trots op jou sussie!!

William se sertifikaat en medalje oes - altesaam 12 sertifikate en 3 medaljes

Mooi so seun ons is trots op jou!!

Sien James nou is daar nog 'n Holloway naam op die trofee!!!

(Sien ook aparte blok oor hulle sportspanne se prestasies wat ek die naweek sal plaas)

3 comments:

Anonymous said...

Hoe trots kan 'n pa nou op sy kinders wees! Mooi werk julle twee met al die prestasies en sommer 10 uit 10 vir Frikkie met sy Sportman van die Jaar! Sommer al die Amerikaners en half-amerikaners in hulle eie sporte geklop.

Anonymous said...

Geluk ou Will en mooi werk sussie!! Lyk my daar is nog steeds not een familie wat al di goed huis toe vat. Ten minste weet almal darem wie jul is. :) En nou is ek ook ni meer so eensaam op daai trofee ni, ne william? :)

Anonymous said...

Mmmmmmm.Ek weet nie wat om te skryf nie want ek het alles op my selfoon gesit. In elk geval, weereens geluk!!!!!!!!!!!!!!!!