Wednesday, April 18

As dit Suid-Afrika was ....?

Eindelik speel ons Proteas vir 'n slag amper tot hulle volle potensiaal. Dankie tog ons is deur na die semi en heel waarskynlik Australie. As daar nou een span is wat ek graag wil uithê voor die finaal is dit die Aussies. Sal dit nie lekker wees as ons blommetjies die kangeroes uitskakel nie? Ek dink in elk geval as mens die Aussies sou vra teen wie hulle "nie" in die finaal sal wil speel nie, dan sal hulle sê die Proteas. Miskien, net miskien kan ons span drie wedstryde na mekaar vir 'n slag wen.
Vandag wil ek julle bietjie die Creek in Dubai wys. Baie bote (dhows) kom van verskillende lande om goed te koop en weer in hulle tuisland te gaan verkoop. Dit klink normaal totdat mens die dhows sien waarmee hulle vaar - ek kan myself glad nie indink dat hierdie hout bote op die oopsee gaan, vol gepak met goedere en veilig aan die ander kant aankom nie - maar hulle doen anders sou hulle nie so gereeld kom voorraad koop het nie. Hier lê van die bote vasgemeer in die Creek.


Die voorrade word dan langs die boot gestoor totdat dit in die boot gelaai kan word. Dit bring my by die vraag, as dit Suid-Afrika was .....?
Sou mens hierdie voorraad oornag buite langs die boot, sonder "sekuriteit" kon los ....?
Of die motorbande wat ook wag om ingelaai te word?
Moenie eers praat van die bokse Pierre Cardin's nie.

Die bootwerkers het nie 'n saak met die goed wat so rondstaan nie, en vat eers 'n slapie in die middaghitte.
En dis nie net klein goedjies wat opgelaai word nie. Hier is 'n klomp yskaste wat ook wag om gelaai te word.

Kannetjies kookolie gaan ook saam. Ek wil net noem dat hierdie produkte nie onder in die boot gelaai word nie, maar dit word bo-op die boot gepak.
'n Paar tweede handse motors wag ook op gelaai te word. Kyk hulle het nog al vier hulle bande op!

Van die bote wat reeds volgelaai is.
Hierdie laai proses vat partykeer dae. Hoe lank sou die produkte op die kaai so kom lê sonder om gesteel te word wonder ek.






No comments: