Thursday, April 19

Oppad Kuwait toe

Alles is nou 'n "laaste" vir William en vandag het hy vertrek op sy laaste skooltoer. Hy en Nelmari is beide deel van die skool se pluimbalspan wat in Kuwait gaan deelneem. Die laaste paar weke na die basketbal is daar ernstig middae geoefen vir die toernooi. William en Nelmari is beide 1ste gekeur vir die skool spanne. Hier oefen William en sy dubbelspel maat Marcel (ook 'n SAfrikaner).

As mens wag sal die pluimpie na jou toe kom? Miskien is hy net moeg.

William wag vir sy oefenmaats terwyl Nelmari op die agtergrond, mooi soet haar huiswerk sit/staan en doen. (Sy is altyd so opgewonde om huiswerk te hê en kan nie wag om dit te doen nie)

En dan is dit tyd vir die toer. Hier laai William sy bagasie uit terwyl Marcel staan en toekyk.


William, Marcel en Yousuf neem vir oulaas 'n foto. Yousuf het saam met William vanjaar volleyball, basketbal, track & field en pluimbal gespeel.

Dis laat maar die manne is vol glimlag oor die avontuur wat voorlê. Die Junior Varsity en Varsity span saam met hul afrigter en die sportdirekteur.
Die meisies maak ook gereed om te vertrek. Nelmari saam met twee spanmaats.

Dis die juffrou en afrigter wat na die meisies gaan kyk op die toernooi. Sy lyk egter self heeltemal uit haar nate uit oor die toer wat voorlê.
Die meisiespan voordat hulle op die bus klim.

Van die ouers kan ook nie meer wag dat die kinders op die bus moet klim nie. Sharyn en Ewert van der Linde en Susan van Hoogstraten (al drie SAfrikaners).
Ek hoop die kinders het 'n baie voorspoedige toernooi en dat hulle die pluimbal gaan geniet. Meer oor die toernooi en hopelik foto's (die kinders kan dalk die breuk sonder die pa-paratzi en ma-maratzi geniet) wanneer hulle terug is.

Maar terwyl hulle 'n breuk het James pasop jou pa is oppad met baie opdragte van foto's wat hy moet neem ....












No comments: