Wednesday, April 25

Ons GROEPE hierdie week

Ons omgeegroep het hierdie week aan die einde van nog 'n studieboek gekom en het dit afgesluit met 'n groep nagmaal. Volgende week kom ons bymekaar vir die rolprent "Faith like Potato's" en Pizza. Hier is sommer twee foto'tjies van die bymekaarkom.


Dan was dit ook Kindergroep en groot pret. Hier dans van die meisies op die liedjie Groovy Girls and Groovy boys. Klein Mia raak net so omgewonde om saam te dans en sing.

Charmaine doen van die begeleiding. Met die groep indeling was van die tieners "leiersloos" so hulle het by die kleuters ingskakel sommer net om weer die boodskap met 'n kinderoor te hoor. Die storie van die 5 brode en 2 vissies is behandel en hulle het dit net so geniet om vissies te vang. Hier is Nelmari skoon uit haar vel omdat sy die vis kon vang.


Arena konsenstreer hard om haar vis te vang terwyl William die vis met die waterbottel probeer nader "jaag" en met die volgende foto het sy hom ampertjies

William probeer ook hard en met sy lengte sit hy omtrent die vis self aan die hoek. Klein Liana konsentreer hard om die vis te laat byt.


Dan doen sy bietjie verstellings aan die hoek en die vis is amper gevang. Nelmari trek haar mond soos die vissie terwyl sy probeer om dit in te katrol.

Partykeer is dit goed om weer soos 'n kleintjie die storie te hoor.





No comments: