Monday, April 16

Pluimbalseisoen

Die pluimbal seisoen het stilletjies gekom en amper stilletjies gegaan ook. Na die basketbal seisoen het ek besluit om julle 'n bietjie te "spaar" op die sport. Maar die kinders het nie opgehou iets doen nie. Nelmari en William is beide aktief besig met pluimbal nou dat die hitte ook die sport binneshuis begin hou. Gister het die meisies by AISA en die seuns by ACS gespeel. Hier wag van die meisies vir hulle wedstryde om te begin.

Nelmari besig met haar wedstryd. Sy is eerste gekeur vir die junior varsity span en het ook gister haar wedstryd gewen.

Om tyd op te maak voor die dubbelswedstryd was sy ook skeidsregter by van die ander wedstryde.Die meisies maak gereed vir hulle dubbels wedstryde om te begin.
Nelmari en haar dubbelsmaat het ook hulle wedstryd gewen. William wat eerste gekeur is vir die Varsity span het 'n minder goeie dag gehad en hy het sy wedstryd verloor. Woensdag klim die twee op die vliegtuig Kuwait toe vir 'n toernooi daar.

No comments: