Friday, April 13

Vrydag die 13de

Vrydag die 13de en vir die bygelowiges 'n dag om nie eers hulle kop by die deur uit te steek nie, nie lere in die huis toe te laat nie en die swartkat moet maar elders kuier vandag. Ek het vandag nie eers die 13 de nodig om sommer net my kop toe te trek en in die huis te bly nie. 'n Lekker meneer van 'n verkoue en goeie rede om vir myself 'n "pity party" te gee. Sal dit maar alleen moet bywoon ook want die res is almal besig met hulle eie "pity parties".
Ek lees in die Beeld dat die sterfsyfer vir die Paasnaweek 276 is....
Die afgelope Paasnaweek het 19 meer slagoffers as verlede jaar op die land se paaie geëis.Dít het gister aan die lig gekom toe die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) bekend gemaak het dat 276 mense tussen 5 en 9 April in padongelukke dood is teenoor die 257 oor Paasnaweek verlede jaar.In die 215 noodlottige ongelukke landwyd is 93 voetgangers, 68 bestuurders en 115 passasiers dood.
Dis darem verskriklik baie. Uit nuuskierigheid en omdat die UAE ook nou 'n verkeersveiligheid week begin het, probeer ek sien hoeveel mense gedurende 2006 op die paaie dood is.
Patrick O’Leary, oudpresident van die komitee vir aktiewe padveiligheid (Cars), sê daar heers “oorlog” op Suid-Afrikaanse paaie.Hy staaf dit só: In 2006 was daar meer as 15 000 padsterftes.
Kan jy dit glo 15 000!!! En dan voorspel hulle dat gedurende 2007 tussen 18 000 - 25 000 op ons paaie gaan sterf!!!! Dis 'n goeie rede om van die pad af te bly en dan het mens nie Vrydag die 13de nodig nie.
Die UAE se padowerheid is ook nou bekommerd oor die hoe padsterftes in die UAE en hulle is besig om deur reklame die mense bewus te maak van die skrikwekkende getalle. Vergelyk dit nou met wat op ons paaie by die huis aangaan...
Dit bring my weer terug na die "pity party" toe. Almal probeer ontleed en planne maak hoe en waar en hoekom is daar soveel ongelukke op die pad. Ek dink dus pure selfsugtigheid - selfsugtig om te dink jy is al een wat reg bestuur en dan veroorsaak JY die ongeluk, selfsigtig om te bestuur as jy moeg en vaak is en dan deur 'n ongeluk ander mense se lewens eis, selfsigtig deur eerste by 'n plek te wil aankom, selfsigtig om te ry asof die pad aan jou behoort, ens. ens. As ons maar net meer bedagsaam en minder aan onsself dink, sal daar vir starters minder ongelukke ook wees. Of wat dink jy?

No comments: