Showing posts with label Lugskou. Show all posts
Showing posts with label Lugskou. Show all posts

Friday, April 18

Vuurwerke by die Cornish

Na 'n hele week van oefen vlugte, uitdunne en finale loop die Red Bull lugvertoning ten einde met 'n vuurwerkvertoning langs die Cornish. Hier is 'n paar foto's wat Eddie geneem het. As jy op die foto kliek dan maak dit mooi groot oop. Ek vertel niks van wat op die foto gebeur nie, ek dink mens kan dit sommer sien!








Met meer as 250 000 mense wat die vertoning bywoon (volgens die pers) is daar duisende wat na die vuurwerkvertoning moet terug huis toe. Daar is baie lank in die verkeer gesit wat baaaaieee stadig beweeg het.

Tuesday, April 15

Waaroor die Red Bull resies eintlik gegaan het

Die beloofde foto's van die Red Bul vliegkompetisie...vir julle wat hou van vliegtuie en sommer om bietjie van Abu Dhabi Cornish op die agtergrond te sien ook. Eddie het vir twee dae foto's geneem en hier is net ses daarvan.
Ek kan probeer beindruk om ouens se name en kleure van hulle vliegtuie op te soek en deur te gee, maar ek dink dit gaan hier meer om die toertjies as wie vlieg tensy dit natuurlik iemand van die huis is.

En vanjaar het die ou van SA anders as verlede jaar, werklik deelgeneem alhoewel hy nog nie heeltemal by die ander ouens kon kom nie.

Terwyl hierdie ou op sy sy langs die Cornish af vlieg kan mens die klein geboue van Abu Dhabi op die agtergrond sien.

Die hotel hier op die agtergrond het ek al oor geblok want dis die "oudste" hotel hier. Op ou foto's van die dorp en Cornish waar daar nog niks behalwe sand is nie, is dit een van die geboue wat mens kan identifiseer. Dis natuurlik ook die eerste hotel in Abu Dhabi wat ons in gebly het. Met al die ontwikkeling van nuwe en klompe sterre hotelle in die dorp is daar die wat nooit in so 'n "ou" hotelle sal wil bly nie .... jammer vir hulle want van die beste restaurante en swemstrande is hier.

O ja die blok is mos eintlik oor vliegtuie ... so hier is nog een met van die mooi geboue op die agtergrond.

En net so dat julle weet waar dit gebou was, in ons dorpie Abu Dhabi. En vir die rekord, ons ou het laaste geeindig maar vir 'n nuweling goed vertoon.

Saturday, April 12

Sandkastele

Die laaste week of twee was redelik propvol internasionale "sportbyeenkomste" in Abu Dhabi. Nie die gewone rugby of krieket wedstryde soos by die huis nie, maar die jetski wereldkampioenskappe in Abu Dhabi, perderesies en motorwedrenne in Dubai en hierdie week die Red Bull vliegkompetisie ook in Abu Dhabi. Die hele week is allerhande voorbereidings getref en hierdie ouens ontsien geen moeite om 'n paviljoen vir slegs 'n dag of twee op te rig en dit 'n week later weer te doen nie. As aanloop van die vliegkompetisie is daar ook sandkuns op die strand gedoen. Hier is 'n paar foto'tjies - soos julle kan sien was die tema Red Bull vliegskou.
Nog baie nuut in Abu Dhabi kom kyk Derick, Lizaan en klein Luke Serfontein ook na die sandkastele.
Die van julle wat die dorpie ken, watter geboue is hier met sand gebou?
Hier is 'n paar vliegtuie wat uitgebeeld word.
Die Emirates Palace wat hier gebou is. More of so wys ek nog foto's wat Eddie tydens die lugskou geneem het met miskien so 'n foto'tjie of twee van die vliegtuie ook.

Sunday, April 8

Red Bull Lugvertoning - Deel 2

Soos ek gister geskryf het, was daar duisende mense by die lugskou en die amptelike getal word vandag tussen 250 000 en 300 000 gereken. Dis KLOMP mense!!! Dit was die derde keer dat hierdie lugvertoning in Abu Dhabi gehou is, en die weer en alles het mooi saamgespeel. Hier sien ons 'n vliegtuig deur een van die seil torings wat deel van die baan uitmaak, op sy sy deurvlieg.

Die uitdunne het reeds Donderdag begin. Oorspronlik sou daar 14 vliegtuie en hulle vlieeniers deelneem en hulle is uitgedun na 8 wat aan die finaal deelgeneem het. Onder die 14 was daar ook 'n Suid-Afrikaner (Glen Dell) maar hy het dit nie na die finaal gemaak nie. (Hoop so na gisteraand se fiasko,ons krieketspan die finaal gaan maak.)

Die lande wat verteenwoordig word in hierdie wêreldkampioenskap is oa. Amerika, Hungarye, Duitsland, Nederland, Engeland, Rusland, Frankryk en Spanje. Kyk hoe mooi lyk die see en op die agtergrond van Abu Dhabi se mooi geboue.

Hier het ons op die agtergrond die kultuur "teater" wat net langs die Heritage Village gelee is.
'n Deel van die skare op die strand hou van die toertjies dop.

Hier voltooi een van die vlieers sy "roete". (Die swart, wit en geel seiltoring is die begin en/of eindpunt.)

Nog 'n vliegtuig eindig sy toertjies
Een van die ander vlieeniers maak gereed om sy roete te begin met die Emirates Paleis Hotel op die agtergrond.

Ek moet julle 'n bietjie wys hoe dit binne daardie hotel lyk...

Saturday, April 7

Red Bull Lugvertoning - Deel 1

Gister was weer tyd vir die jaarlikse Red Bull Lugvertoning op die Abu Dhabi Cornish. Vroeg al het almal begin plek soek vir die vertoning want g'n mens kan beweeg of plek kry as dit begin nie. Hier kom William en Nelmari op die strand aangestap.
Die mense het behoorlik uitgespan en klein tentjies, tafels en stoele vir piekniek was orals opgeslaan ... reg vir die vertoning
Die helikopter vlieg die roete om vir die mense te wys. Kyk hoe mooi kleur is ons see vandag met die mall op die agtergrond (Marie neem kennis!). Mens moes of lank voor die vertoning by die mall wees anders kon jy glad nie daar kom nie.
Hier is van die skare langs die see. Daar was ook 'n groot TV skerm om die vertonings van naby te volg.
Nelmari is nie so geinteresseer nie en lees terwyl sy vir die vertoning wag. William hou die wêreld deur sy sonbril dop.
Nog 'n deel van die skare. Op agtergrond van Abu Dhabi se hoe geboue.Dis amper somer en die hitte begin optel. Sonder lugversorging op die strand is dit al manier wat mens kan afkoel

Later in die dag stuur ek foto's van die vliegtuie in aksie vir die van julle wat daarvan hou om na kunsvlieg te kyk.