Sunday, April 8

Red Bull Lugvertoning - Deel 2

Soos ek gister geskryf het, was daar duisende mense by die lugskou en die amptelike getal word vandag tussen 250 000 en 300 000 gereken. Dis KLOMP mense!!! Dit was die derde keer dat hierdie lugvertoning in Abu Dhabi gehou is, en die weer en alles het mooi saamgespeel. Hier sien ons 'n vliegtuig deur een van die seil torings wat deel van die baan uitmaak, op sy sy deurvlieg.

Die uitdunne het reeds Donderdag begin. Oorspronlik sou daar 14 vliegtuie en hulle vlieeniers deelneem en hulle is uitgedun na 8 wat aan die finaal deelgeneem het. Onder die 14 was daar ook 'n Suid-Afrikaner (Glen Dell) maar hy het dit nie na die finaal gemaak nie. (Hoop so na gisteraand se fiasko,ons krieketspan die finaal gaan maak.)

Die lande wat verteenwoordig word in hierdie wêreldkampioenskap is oa. Amerika, Hungarye, Duitsland, Nederland, Engeland, Rusland, Frankryk en Spanje. Kyk hoe mooi lyk die see en op die agtergrond van Abu Dhabi se mooi geboue.

Hier het ons op die agtergrond die kultuur "teater" wat net langs die Heritage Village gelee is.
'n Deel van die skare op die strand hou van die toertjies dop.

Hier voltooi een van die vlieers sy "roete". (Die swart, wit en geel seiltoring is die begin en/of eindpunt.)

Nog 'n vliegtuig eindig sy toertjies
Een van die ander vlieeniers maak gereed om sy roete te begin met die Emirates Paleis Hotel op die agtergrond.

Ek moet julle 'n bietjie wys hoe dit binne daardie hotel lyk...

No comments: