Met die somer wat nou nader kom begin die straatkatte van Abu Dhabi suffer. En hier is straatkatte .... Ongelukkig is dit een van die dinge wat die mense hier nie weet nie en dit is hoe om met diere (behalwe waarskynlik kamele, bokke en perde) te werk nie. Ek onthou nadat ons hier gekom het, hoe vreeslik dit vir ons was om te sien hoe die kinders katte met stokke slaan en rondjaag en hoe ontsteld ek was elke keer as ek 'n dooie baba katjie in die straat gesien het. Omdat hulle nie sterk is op diere nie is hier honderde straatkatte wat self 'n bestaan moet maak en in die hitte kry hulle maar swaar. Die meeste van die katte is baie sieklik en maak staat op Westerlinge se "sagte" harte. Maar al kry die katte swaar is daar gereeld klein baba katjies wat gebore word en 'n mamma kat wat iewers 'n koel plekke probeer kry om haar kinders groot te maak. Hier is 'n Feline Friends wat probeer om van die katjies huis te kry maar dis onmoontlik om voor te bly. Ek self is dol oor diere en het twee van my siamese destyds saamgebring van SA af maar het nog nooit self een van die "straatkatte" in huis" geneem nie.
Een so 'n persoon wat al vir 'n paar sulke "katjies" ma gespeel het is Vicky Sloan. Eergister het sy, Greg en Crispin gou hier ingeloer en my voorgestel aan die nuwe baba in hulle huis. Ek het nooit eers gevra wat die dingetjie se naam is nie, maar kyk net hoe oulik.....



1 comment:
This is one of the cutest kittens ever! I wish i had one bt BAGIRA still has alot of "life" in her.
Nelmari
Post a Comment