Friday, April 6

Emily dink ....

Ek kry kansie om weer by tannie Sandra hulle te kuier en beplan 'n lekker verrassing vir hulle. Miskien moet ek bietjie op die trom oefen sodat ons 'n inleiding kan hĂȘ...

En dan die groot oomblik .... eers balanseer ek teen die bank en dan my eerste twee treetjies. Mamma sal dit nie glo dat ek probeer terwyl sy nie by is nie, maar ek moet oefen as ek my ouma en oupa in Mexico wil gaan verras. (Marina dis nou geblog en die amptelike datum :-))
Nou's ek sommer skaam en moet eers bietjie rus. Maar die staanery is lekker, so ek rus sommer so staan-staan.Wat ek nou wonder is hoekom moet babas so vinnig leer loop net om eendag te kan stilsit?




1 comment:

Anonymous said...

I agree with her completely! What's the point of sitting down?
Nelmari