Tuesday, April 24

TERUG van Kuwait

Vroegoggend ure het die Pluimbalspan van Kuwait moeg maar tevrede teruggekeer. Met 'n ernstige OPDRAG om seker te maak julle neem foto's is hulle hier weg. Ons was nog nie eers by die deuruit nie of alreeds was die twee aan die stry oor wie die kamera moet hê want nie een van die twee wou foto's neem nie. Ek was egter aangenaam verras dat daar wel foto's geneem is wat ek met julle kan deel. William besig met een van sy wedstryde - met sy kenmerkende GEEL skoene. (As hy nie geel skoenie dra nie is dit geel sokkies, maar gewoonlik herken jy hom aan sy bene of voete)
Van die toeskouers. Selena heel waarskynlik besig om Will se wedstryd te volg.
Dan is die Nelmari se beurt vir 'n wedstryd. Sy het slegs een van haar enkelspelle verloor en het 'n goeie toernooi gehad.
Die juffrou nog steeds vol energie en dit lyk my die kinders het haar permanent met soetgoed soos sjokolade koekies van Starbucks gevoed. Al die suiker kon nie goed wees nie.
Hoekom my kinders ook sulke snaakse name in die sport moet hê, ons het Groenie die draak wat in Bloemfontein sokker speel en die Gifappeltjie in Kuwait.
Nelmari slaan af in die dubbels. Haar skoene is weer "normaal" alhoewel mens haar herken aan die PERS skoenveters.
Die pluimpie word gemoker. As ek deur my vaak ore vanoggend vroeg reg gehoor het, het die dubbels ook net een wedstryd verloor.
Hier gaan haal sy die pluimpie in die hoek van die baan en slaan hom oor.
William kry ook die pluimpie geslaan in sy dubbelswedstryd.
Sy gemengde dubbelsmaat Amy koes vir die verbyhou (mooi foto Nelmari). Hulle het ook 75% van hulle wedstryde gewen.
William wag vir die pluimpie om na hom toe te kom.
Die Varsity meisies en seuns eindig algeheel TWEEDE. Baie geluk ouens. GO LIONS!!! Ons JV Meisies (Nelmari hulle) het ook tweede geeindig maar die kameraman was besig met sy eie vieringe. Geluk ook meisies en geluk AISA met 'n goeie toernooi









1 comment:

Anonymous said...

Pragtig kindertjies, pragtig! Trots op julle.